1996-Drienasies
Datums 6 Julie - 10 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (1 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 19 (3.17 per wedstryd)
Bywoning 248 540 (41 423 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens (69)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Justin Marshall (2)
1997

Die 1996-Drienasiesreeks was die eerste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 6 Julie tot 10 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.[1]

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[2]

Formaat

Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4 4 0 0 119 60 +59 1 17
2 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 4 1 0 3 70 84 –14 2 6
3 Vlag van Australië Australië 4 1 0 3 71 116 –45 2 6

Wedstryddatums

Datum Datum
Week 1 6 Julie Week 4 27 Julie
Week 2 13 Julie Week 5 3 Augustus
Week 3 20 Julie Week 6 10 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Drienasiesreekskampioen 1996
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens 69
2 Vlag van Australië Matt Burke 40
3 Vlag van Suid-Afrika Joel Stransky 39
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Nieu-Seeland Justin Marshall 2

Sien ook

Rugbyportaal

Verwysings

  1. (en) Mick Cleary en John Griffiths, red. (1997). Rothmans Rugby Union Yearbook 1997–98. Londen: Headline Book Publishing. ISBN 0 7472 7732 X.
  2. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

Eksterne skakels