Die 2012 eindjaarrugbytoetsreeks (ook bekend as die Herfstoere in die Noordelike Halfrond) verwys na die internationale rugbywedstryde wat gedurende November hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond gespeel word.

In 2012 se eindjaarrugbytoetsreeks het die IRR ’n nuwe skema ingestel wat daarop gemik was om die mededingendheid vir die volgende Wêreldbeker te verhoog. ’n Internasionale Rugbyreeks is ingestel waarin Vlak 2-lande soos Tonga, Kanada, Rusland, Samoa en die Verenigde State deelgeneem het. Die eerste toernooi is in Parc Eirias in Colwynbaai in Noord-Wallis gehou.

Die toernooiwedstryde is bykomend tot die toetse wat tussen die Vlak 1 en Vlak 2-lande gespeel is, wat ’n geleentheid vir opkomende rugbylande om teen die beste in die wêreld te speel, gespeel. Verskeie wedstryde tussen Vlak 1 en Vlak 2-lande is in 2012 gespeel. Wallis en Frankryk het teen Samoa gespeel, Engeland en Ierland teen Fidji en Skotland en Italië teen Tonga.

Die IRR het ook vriendskaplike wedstryde vir die einde van die jaar geskeduleer om die mededingendheid van Vlak 2-lande te verbeter.[1] Provinsiale spanne van Engeland het met die nuwe skema gehelp met Gloucester wat teen Fidji gespeel het en die Newcastle Falcons teen Tonga. Die skema het ook Japan gehelp deur ’n wedstryd teen ’n Baskiese uitnodigingspan en ’n Franse Barbarianspan te reël. Die Māori All Blacks het teen die Leicester Tigers gespeel, wat hulle eerste internasionale wedstryd sedert 2010 was. Voorts het die Māori All Blacks ook nog teen ’n uitnodigingspan van die Engelse Rugbyvoetbalunie en die Kanadese nasioanle span gespeel.[2][3]

Georgië en Roemenië het teen Japan gespeel terwyl Portugal na Suid-Amerika gereis het om in twee toetse teen Uruguay en Chili te speel. Portugal het altwee hierdie toetse gewen. Namibië het ’n toernooi teen Spanje en Zimbabwe aangebied met Spanje wat albei sy toetse gewen het en sodoende die toernooi beklink het.

Net soos in onlangs afgelope seisoene het Nieu-Seeland en Australië die laaste wedstryd om die Bledisloebeker gespeel. Nieu-Seeland het voor die wedstryd ’n segetog van 16 wedstryde gehad, een oorwinning kort van die huidige Vlak 1-wêreldrekord van 17 opeenvolgende oorwinnings wat hulle saam met Suid-Afrika hou. Die wedstryd is egter gelykop gespeel en Nieu-Seeland kon nie die wêreldrekord ewenaar nie.[4]

Wedstryde

Bledisloebeker – Deel 3

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

2012 Internasionale Rugbyreeks

Week 1

Week 2

Effek op Rugbywêreldbeker 2015 loting

Soos met die 2008 eindjaarrugbytoetsreeks het die IRR-ranglys ’n noemenswaardige rol gespeel in die loting vir die Rugbywêreldbeker 2015. Die twaalf outomatiese kwalifiseerders is geloot na aanleiding van hul posisie en opgedeel in drie groepe van vier spanne.

Na afloop van die laaste wedstryde op 1 Desember 2012 was die twaalf outomatiese kwalifiseerders:

Groep 1

Groep 2

Groep 3

Groep 4

  • Amerikas 1
  • Asië 1
  • Europa 1
  • Oseanië 1

Groep 5

  • Afrika 1
  • Amerikas 2
  • Europa 2
  • Herkansingswenner

Verwysings

  1. (en) [1] Geargiveer 5 Oktober 2012 op Wayback Machine Nuwe IRR-skema vir mededingende wedstryde in Vlak 2-lande voor Rugbywêreldbeker 2015
  2. (en) [2] Geargiveer 22 September 2012 op Wayback Machine Agtergrond rondom IRR Mededingendheidskema
  3. (en) [3] Geargiveer 24 Oktober 2012 op Wayback Machine Volle wedstrydbepalings volgens die IRR
  4. (en) O’Connor heldedaad oorweldig All Blacks