Anrich Herbst
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geneem by Primedia se kantoor in Seepunt toe Anrich aanbieder was by Kfm tussen 2013 en 2015.

Geboorte 1 November 1972 (1972-11-01) (51 jaar oud)
Bloemfontein
Nasionaliteit Suid-Afrika
Ouers Das en Kristie Herbst
Skool Hoërskool Randburg
Beroep(e) Stemkunstenaar, aanbieder, akteur.
Rolprente Raaiselkind
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Anrich besig met "voice over"-opnames in Boston, Kaapstad 2020.

Anrich Herbst (* 1 November 1972– ) is ’n Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar. Hy is veral bekend vir sy rol as Wimpie van Tonder in die sitkom Orkney Snork Nie. Hy was slegs 14 jaar oud tydens sy oudisie en 15 jaar toe die sitkom se verfilming begin het.[1] Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in die rolle van Sam Carmichael in Mamma Mia! - the Musical, en Gunther in die film Raaiselkind. Hy spits hom deesdae grootliks toe op stemwerk. Die opname van PG du Plessis se boek Fees van die Ongenooides is een van die prestasies waarop hy die trotste is. Hy is 'n radioteater regisseur by RSG en mede-aanbieder van die program Nisboere op Via-TV.

Anrich Herbst, Kaapstad 2019.

Filmografie

Filmwerk

TV Werk

Kommersiële werk

Teater, sang en musiekteater

Verwysings

  1. Profiel op TVSA, besoek op 3 November 2012