Die ingang in Hoofweg, Rondebosch. | ||
Ander name | Die Baxter | |
Stad of dorp | Rondebosch, Kaapstad | |
Land | Suid-Afrika | |
Sitplekke | Altesaam 1 476 | |
Geopen | 1 Augustus 1977 | |
Webtuiste | Baxter-teater |
Die Baxter-teatersentrum, algemeen bekend as die Baxter, is ’n kompleks vir uitvoerende kunste in Rondebosch, Kaapstad. Dit is deel van die Universiteit van Kaapstad en is naas die Kunstekaap die grootste sodanige kompleks in die stad.
Die Baxter het sy deure op 1 Augustus 1977 geopen. Dit is genoem na die voormalige burgemeester van Kaapstad William Duncan Baxter, wat geld aan die universiteit nagelaat het om die kompleks te bou. Dit het nie net die dramadepartement se geriewe verbeter nie, maar ook ’n alternatief geskep vir die regeringsbeheerde Nico Malan-teatersentrum (nou die Kunstekaap). Dit was veral in die apartheidsera belangrik omdat die Nasionale Party-regering kon keer dat die Nico Malan produksies aanbied wat met hul sienings bots, terwyl die Baxter beskerm is deur die universiteit se akademiese vryheid.
Die Baxter het drie ruimtes:
Die Baxter hou werksessies wat gemik is op die jeug en voorheen benadeelde groepe. Die Ikhwezi-uitreikingsprogram help gemeenskapsvaardighede verbeter en hou die jaarlikse Baxter Ikhwezi-teaterfees, wat ’n platform is vir voorheen benadeelde teatertalent.[1]