Clive Bruce
GeboortenaamClive Bergman
Ook bekend asMidnight Cowboy
GeboreKaapstad
GenresCounty-musiek
Beroep(e)Sanger, musikant
InstrumenteStem, kitaar, ens.
EtiketteSelect
Webwerfclive-bruce.co.za

Clive Bruce is 'n Suid-Afrikaanse country-sanger en stiefkind van Virginia Lee. Hy maak sy eerste opnames as agtergrondsanger en baskitaarspeler in die 1960's. Later bemeester hy die klawerbord, tromme, kitaar en ander instrumente. In 1971 bereik hy die nommer een posisie op LM Radio se treffersparade, asook die 11de plek op die SA Top-20 Treffersparade met Sally Sunshine. In 1981 bereik sy treffer If You’ve Got Nothing On Tonight die 16de plek op die treffersparade en in 1996 behaal sy album One Last Kiss goue status. Hy was ook die eerste stem van 'Sarel Seemonster' op die Afrikaanse TV-program Wielie Walie gewees.[1]

In 1985 word hy genader om die TV-reeks Sing Country op TV4 aan te bied. Hierdie program is in die Zillertal-restaurant in Pretoria opgeneem en vir 5 jaar laat op Sondagaande uitgesaai. Die program het hom die bynaam Midnight Cowboy besorg. Daarna was hy van 1993 tot 1996 die aanbieder van die musiekvideo-versoek-program Rewind gewees.

Tydens die Aardklop-kunstefees van 2002 in Potchefstroom ontvang Bruce 'n platinum-toekenning van sy platemaatskappy, Select, vir die verkope van meer as 75 000 eenhede van sy drie albums One Last Kiss, Just One More Dans en My God Loves Me.

Diskografie

Sien ook

Verwysings

  1. Biografie op Clive Bruce se webtuiste, besoek op 10 Desember 2016

Eksterne skakels