Hans Huyssen (11 Februarie 1964, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse tjellis en komponis.

Hans Huyssen is gebore in Pretoria, Suid-Afrika. Na voltooiing van 'n B.Mus-graad aan die Konservatorium van Stellenbosch Universiteit, met tjello en komposisie as hoofvakke, het hy sy studies in Europa voortgesit.

Hy het vir 'n paar jaar hoofsaaklik op die tjello gekonsentreer, en toenemend betrokke geraak by die uitvoering van periode- of historiese instrument opvoerings. As lid van verskillende ensembles op hierdie gebied, het dit gelei tot betrekkinge en konserte in baie verskillende lande regoor die wêreld. Deur sy kennismaking met Hans-Jürgen von Bose en 'n laaste, intensiewe tydperk van studie aan die Hochschule für Musik in München, het dit aan Huyssen duidelik geword dat komposisie sy belangrikste belangstellingsveld was.

Sedertdien is talle werke van hom aangevra en is dit opgevoer deur die Oostenrykse ensemble vir nuwe musiek, die Mozarteum-orkes in Salzburg, die München-Simfonieorkes, die Georgiese Kamerorkes, die Camerata Freden, die Münchense Kamerorkes en die Deutsche Kammerphilharmonie in Bremen, asook deur verskeie ensembles op periode-instrumente.

Hy het komposisiebeurse van Stellenbosch Universiteit, die Steinbrenner-stigting (Berlyn) en die Beierse Ministerie van Kultuur ontvang. In 1994 ontvang hy 'n spesiale merietetoekenning deur die Suider-Afrikaanse organisasie vir musiekregte (SAMRO). Sy eerste kommersiële opname (van die kamerkonsert vir harp en strykinstrumente) is in 1998 vrygestel. (Tacet, Eigenart 10200).[1]

Lys van komposisies

Kamermusiek

Kamermusiek met stemme

Vokale begeleiding

Korale werke

Kamerorkes

Orkestrale werke

Elektroniese musiek

Geleentheidsmusiek

viool, tjello; eerste opvoering: Lynedoch, Spier (RSA), 29 September 1990

viool, altviool, tjello; eerste opvoering: Schloß Bernstein (A), 8 April 1993

2 viole, altviool, tjello; eerste opvoering: Puchheim (D), 8 Maart 1996

Musiek vir kinders

Eksterne skakels

Verwysings

  1. http://sacomposers.co.za/sacomposers/Huyssen,_Hans.html Geargiveer 4 Januarie 2017 op Wayback Machine Opgespoor en besoek op 26 Mei 2020
  2. http://sacomposers.co.za/sacomposers/Huyssen,_Hans.html Geargiveer 4 Januarie 2017 op Wayback Machine Opgespoor en besoek op 26 Mei 2020