Karen Muir

Karen Muir (16 September 1952, Kimberley - 2 April 2013, Mosselbaai) was 'n Suid-Afrikaanse swemmer. In 1965 word sy die jongste persoon ooit om 'n wêreldrekord in 'n sportitem op te stel.[1][2][3]

Swemloopbaan

Op 10 Augustus 1965 was sy 12 jaar, 10 maande en 25 dae oud toe sy die 110 treë-rugslag (tans 100 m) in 1:08.7 afgelê het in 'n nuwe wêreldrekord tydens die nasionale juniorbyeenkoms in Blackpool, Engeland. Gedurende die volgende vyf jaar stel sy 15 nuwe wêreldrekords op in die 110- en 220 treë-rugslag. Sy het titels gewen by 22 Suid-Afrikaanse byeenkomste en het ook drie Amerikaanse titels ingeoes. Sy is in 1980 opgeneem in die Internasionale Heldesaal vir Swemmers.

Weens Suid-Afrika se apartheidsbeleid kon sy nie aan enige Olimpiese Speles deelneem nie.

Professionele loopbaan

Na skool het sy haar as 'n dokter bekwaam en het lank in Ladysmith, KwaZulu-Natal gepraktiseer. Gedurende 2000 het sy na Kanada verhuis.

Privaatlewe

Sy het vier kinders en een kleindogter. Gedurende 2009 is sy met borskanker gediagnoseer wat gedurende 2012 verder versprei het. Sy is op 1 April 2013 weens die borskanker dood.

Bron

Verwysings

  1. Geskiedenis[dooie skakel], Swen Suid-Afroka
  2. "South Africa Swimmer, 12, Wins Third Title in Britain", New York Times, 14 Augustus 1965
  3. "Karen Muir: She Just Goes Out and Swims"[dooie skakel], St. Petersburg Times, 15 Augustus 1965