Karen Zoid
Karen Zoid tydens 'n konsert in 2009
Agtergrondinligting
GeboortenaamKaren Louise Greeff
Gebore10 Augustus 1978 (1978-08-10) (45 jaar oud)
Brussel, België
GenresRock, Pop, Alternatiewe Rock
Beroep(e)Musikant
InstrumenteStemkitaardoedelsak
Jare aktief2001 – tans
Webwerfwww.karenzoid.co.za

Karen Zoid (gebore Karen Louise Greeff in Brussel, België; 10 Augustus 1978) is 'n Suid-Afrikaanse musikant.

Karen het groot geword in België as die dogter van 'n Suid-Afrikaanse diplomaat en het later saam met haar familie na Suid-Afrika verhuis. Sy het daar as straatmusikant in die strate van Melville opgetree. Sy was getroud met die kitaarspeler Don Reinecke, en die paartjie se eersteling, Ben Francis Reinecke, is op 29 Januarie 2007 gebore.

Haar debuutalbum, "Poles apart", is in 2001 deur EMI uitgereik. Dié etiket het ook haar tweede album, "Chasing the Sun" in 2003 uitgereik en haar derde album, "Media", in 2005. Al drie die albums het goue status bereik. Zoid het egter van etiket verander en haar vierde album, "Postmodern World" is deur Just Music uitgereik op 2 Augustus 2007.

Die lirieke van sommige van haar liedjies vorm deel van die kurrikulum van die Universiteit van Pretoria se eerstejaarstudente, in die kursus AFR 164.

Sy is ook bekend as aanbieder van die kykNET-televisiereeks Republiek van Zoid Afrika.

Albums

Karen Zoid by Oppikoppi in 2011

Poles Apart (2001)

Chasing The Sun (2003)

Media (2005)

DVD-Video

Rolprente

Sien ook

Eksterne skakels