Messier 95 | ||||
Soort stelsel | Staafspiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Leeu | |||
Tipe | SB(r)b | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 43m 57,7s | |||
Deklinasie | +11º 42' 14" | |||
Skynmagnitude | 11,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 32,6 miljoen | |||
Skynbare grootte | 3,1 × 2,9 boogminute | |||
Ander name | M95, NGC 3351, UGC 5850, PGC 32007 | |||
|
Messier 95 of M95 (ook bekend as NGC 3351) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 32,6 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Die kern van die sterrestelsel bevat ’n ringvormige gebied met ’n deursnee van sowat 2 000 ligjare (600 parsek) waar stervorming plaasvind.[1]
Op 16 Maart 2012 is ’n tipe II-supernova, SN 2012aw, in M95 ontdek.[2][3]
M95 is een van verskeie sterrestelsels in die M96-groep, ’n sterrestelselswerm in die Leeu. Die Messier-voorwerpe M96 en M105 is ook in die groep.[4][5]
((cite journal))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
((cite journal))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)