Noordoos-Kaukasiese tale
Oos-Kaukasiese / Nacho-Dagestanse tale
Geografiese
verspreiding:
Kaukasus, Turkye,
ander lande
Genetiese
klassifikasie
:
Alarodiaans?
 Noordoos-Kaukasiese tale
Onderafdelings:
Awar-Andies
Tsezies
Lak
Dargin
Nach
Chinaloeg
Lezgies

Verspreiding van die Noordoos-Kaukasiese tale.

   Awar-Andies

   Tsezies

   Dargin

   Lak

   Lezgies

   Chinaloeg

Die Noordoos-Kaukasiese, Oos-Kaukasiese of Nacho-Dagestanse tale is ’n taalfamilie wat in die Russiese republieke Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië en in Noord-Azerbeidjan en Noordoos-Georgië gepraat word, sowel as deur verstrooide bevolkings in Rusland, Turkye en die Midde-Ooste.

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Hulle word soms "Kaspiese tale" genoem omdat die streke waar hulle gepraat word, aan die Kaspiese See lê – in teenstelling met die naam "Ponties" vir die Noordwes-Kaukasiese tale. Saam met die Noordwes-Kaukasiese tale en die Suid-Kaukasiese tale (Kartweliese tale) maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.

Van die bekendste en belangrikste Noordoos-Kaukasiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Tsjetsjnies (1,5 miljoen), Awaars (761 960) en Ingoesjeties (322 900). Hierdie tale word veral in Rusland gebesig en met die Cyrilliese alfabet geskryf.

Eksterne skakels

 Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.