Paul Alexandre Belmondo (gebore op 23 April 1963) is 'n Franse Formule Een renjaer wat vir die March en Pacific Racing spanne gejaag het. Hy is gebore in Boulogne-Billancourt, Hauts-de-Seine as die seun van die akteur Jean-Paul Belmondo. Hy is die kleinseun van die beeldhouer Paul Belmondo. Rondom 1981 het Paul bekendheid verwerf vanweë sy verhouding met Prinses Stéphanie van Monaco.[1]
Belmondo is in 1990 getroud met Luana Tenca (gebore in Rome op 18 Maart 1971). Luana Belmondo is 'n voormalige model wat nou 'n TV-sjef en omroeper is.[2] Hulle het 3 kinders.[3]