Thaba Bosigo | |
---|---|
Ligging | Maseru, Lesotho |
Hoogte | 1 804 meter bo seevlak |
Koördinate | 29°21′S 27°40′O / 29.350°S 27.667°OKoördinate: 29°21′S 27°40′O / 29.350°S 27.667°O |
Thaba Bosigo (ook Thaba Bosiu gespel) is 'n tafelkopberg in Lesotho. Die naam beteken Berg van die nagte.
Die opperhoof van die Basoeto's Moshoeshoe het in 1832 sy hoofkraal bo-op die berg opgerig. Dit is deur die Zoeloes en ander stamme aangeval, maar is nooit oorwin nie. Gedurende die 1865 Basoeto-oorlog het die Vrystaatse burgers onder Louw Wepener probeer om die kraal in te neem. Hulle aanval is egter afgeslaan en Wepener is gedood. Die meeste Basoeto hoofmanne is op Thaba Bosigo begrawe.[1]