502 – Theodoric se sinode vind plaas wat Pous Simmachus van sy pligte ontneem.
1911 – ’n Italiaanse vliegtuig vlieg vanaf Libië om Turkse linies te verken tydens die Italo-Turksoorlog; dit is die eerste gebruik van ’n vliegtuig in oorlogvoering.
1977 – 'n NG Kerk dominee, Andries Brand (40) en sy vrou word vermoor deur terroriste naby Que Que in Rhodesië.
1983 – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee barrakke in Beiroet, Libanon. 241 Amerikaanse vlootsoldate en 58 Fransevalskermsoldate van die internasionale vredesmag sterf.
2002 – Tsjetsjniese rebelle beset ’n stampvol teater in Moskou, en neem ongeveer 700 teatergangers en verhoogkunstenaars as krygsgevangenes in die Moskou-teaterkrygsgevangenekrisis.