2 Julie is die 183ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (184ste in skrikkeljare). Daar volg nog 182 dae in die res van die jaar.
- 1714 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera († 1787).
- 1867 – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwaleier († 1941).
- 1877 – Hermann Hesse, Switserse skrywer en Nobelprys-wenner in 1946 († 1962)
- 1906 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 2005).
- 1908 – Helga Uys, Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys († 1969).
- 1916 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier († 1982).
- 1922 – Pierre Cardin, beroemde Franse modeontwerper († 2020).
- 1923 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en Nobelpryswenner († 1996).
- 1925 – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, gebore in Onalua, DRK († 1961).
- 1927 – Brock Peters, Amerikaanse akteur († 2005).
- 1929 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant († 2017).
- 1929 – Imelda Marcos, eggenote van voormalige president van die Filippyne, Ferdinand Marcos.
- 1931 – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer († 2022).
- 1936 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger († 1999).
- 1937 – Polly Holliday, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Vicente Fox, Meksikaanse politikus.
- 1947 – Larry David, Amerikaanse skrywer en akteur.
- 1947 – George Weideman, Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg († 2008).
- 1955 – Piet Crous, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldkruisergewigbokskampioen.
- 1975 – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler.
- 1983 – Michelle Branch, Amerikaanse sangeres-liedjieskrywer.
- 1985 – Ashley Tisdale, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1986 – Lindsay Lohan, Amerikaanse aktrise.
- 1990 – Margot Robbie, Australiese aktrise en vervaardiger.
- 1566 – Nostradamus, astroloog en wiskundige (* 1503).
- 1778 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof (* 1712).
- 1936 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855).
- 1937 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897).
- 1961 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899).
- 1967 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
- 1973 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres (* 1916).
- 1977 – Gert Potgieter, 'n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur (* 1929).
- 1977 – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899).
- 1997 – James Stewart, Amerikaanse akteur (* 1908).
- 2008 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1936).
- 2013 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925).
- 2016 – Elie Wiesel, 'n Roemeens-gebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprysontvanger en Holocaust oorlewende (* 1928).
- 2021 – Yoti die Griekse Boertjie, Suid-Afrikaanse sanger van Griekse afkoms (* onbekend).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 July. |