African Congress of Democrats
ACD
Ideologie Sosiale demokrasie
Webblad acd.org.za

Die African Congress of Democrats (ACD) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party.

Die party beskryf ditself as toegewyd aan leierskap wat eerlik is, integriteit het, in ooreenstemming met die beginsels en ideale van 'n gematigde linkse oriëntasie, en werk binne die gevestigde stelsel om sosiale geregtigheid te verbeter.

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem.

Verkiesingsresultate

Nasionale verkiesings

Verkiesing Stemme % Setels
2019[1] 3 768 0,02 0

Verwysings

  1. "NPEDashboard" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 11 Mei 2019.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.