Anthe   

Anthe naby die mane Mimas en Pallene. Die sigbare ring aan die linkerkant is die G-ring.
Ontdekking
Ontdek deur CICLOPS Team [1]
Datum 30 Mei 2007
Wentelbaaneienskappe [2]
Halwe lengteas 197 700 km
Wentelperiode 1,03650 dae
Baanhelling 0,1° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Gem. radius ≈ 1 km
Massa 5 ×1012 kg 
Rotasieperiode aanvaar sinchronies

Anthe (Grieks: Άνθη; ook Saturn XLIX), oorspronklike voorlopige naam S/2007 S4, is die 60ste natuurlike satelliet van Saturnus. Die maan se ontdekking is op 19 Julie 2007 bekend gemaak, nadat die Cassini-Huygens-tuig op 30 Mei 2007 'n reeks beelde daarvan geneem het.

Die maan het 'n berekende wydte van ongeveer 2km en 'n wentelbaan wat lê tussen dié van die mane Methone en Pallene. Die nabyheid van hierdie maan aan Methone en Pallene kan beteken dat dié mane deel van 'n familie van mane vorm. Die nuwe maan se wentelbaan resoneer met die wentelbaan van Mimas, een van Saturnus se ander mane.

Soos baie van Saturnus se ander mane, word daar gespekuleer dat hierdie maan ook uit rots en ys bestaan.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. CICLOPS Team.
  2. IAUC 8857.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]