Deel van 'n reeks oor die
Geskiedenis van Griekeland
Kaart van Griekeland
Griekse Bronstydperk
EgeïesHelladiesSikladiesMinoïesMiceens
Antieke Griekeland
Donker eeueArgaïesKlassiekHellenistiesRomeins
Middeleeuse Griekeland
BisantynsFrankies en LatynsOttomaans
Moderne Griekeland
Die Griekse kolonisasie (750-550 v.C.).
Die Parthenon, 'n tempel op die Atheense akropolis, gewy aan Athena, is een van die mees verteenwoordigende simbole van die kultuur en vakkundigheid van die antieke Grieke

Antieke Griekeland (Grieks: Έλλάς, Hellás) is die beskawing wat saamval met die tydvak van die Griekse geskiedenis vanaf die Argaïese tydperk van die 8ste tot 6de eeu v.C., tot en met die Romeinse verowering van Griekeland in 146 v.C. met die Veldslag van Korinthe. Sentraal tot hierdie periode staan die Klassieke Griekeland, wat opgebloei het in die 5de tot 4de eeu v.C., vernaamlik onder leierskap van Athene, waardeur die militêre bedreiging van die Persiese inval afgeweer is. Die Era van Perikles eindig in 404 v.C. met die nederlaag van Athene onder die aanslae van Sparta in die Peloponnesiese oorlog.

Die Klassieke Griekse kultuur het 'n grondige invloed op die Romeinse Ryk gehad, wat dan 'n weergawe daarvan na vele gebiede van die Middellandse Seegebied en Europa oorgedra het. Dit is waarom die Klassieke Griekeland algemeen beskou word as die bronkultuur vir die ontstaan van die Westerse beskawing.[1][2][3]

Kronologie

[wysig | wysig bron]

Daar bestaan geen vaste of alomaanvaarde datums vir die aanvang of einde van die Klassieke oudheid nie. Dit word tipies gesien as vanaf die 8ste eeu v.C. tot die 6de eeu n.C., oftewel 'n tydvak van sowat 1 300 jaar.

Die Klassieke oudheid in Griekeland is voorafgegaan deur die Griekse donkereeue (c. 1100-c. 750 v.C.), wat argeologies betuig word deur die protogeometriese en geometriese stylontwerpe op erdeware, opgevolg deur die Veroosterse tydperk, wat sterk beïnvloed is deur die Siro-Hetitiese, Assiriese, Fenisiese en Egiptiese kulture.

Tradisioneel word die Argaïese tydperk van antieke Griekeland gesien as die naloop van die sterk Veroosterse invloed tydens die 8ste eeu v.C., wat ondermeer alfabetiese skrif na Griekeland gebring het, wat die aanvang van Griekse literatuur (Homeros, Hesiodos) sou inlui. Die Argaïese tydperk wyk rondom 500 v.C. voor die Klassieke tydperk, wat weer in 323 v.C. deur die Hellenistiese tydperk opgevolg word, met die dood van Alexander die Grote.

Die geskiedenis van Griekeland tydens die Klassieke oudheid moet daarom in die volgende tydvakke onderverdeel word:[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Richard Tarnas, The Passion of the Western Mind (New York: Ballantine Books, 1991).
  2. Colin Hynson, Ancient Greece (Milwaukee: World Almanac Library, 2006), 4.
  3. Carol G. Thomas, Paths from Ancient Greece (Leiden, Nederland: E. J. Brill, 1988).
  4. Pomeroy, Sarah B. (1999). Ancient Greece: a political, social, and cultural history. Oxford University Press. ISBN 9780195097429.