Dawn Upshaw (gebore 17 Julie 1960) is 'n Amerikaanse sopraan. Sy is die ontvanger van verskeie Gramophone-toekennings. Verskeie van haar albums het die Edison-prys gewen. Sy sing beide opera en kunsliedere. Haar repertorium sluit Barokmusiek en kontemporêre musiek in. Verskeie komponiste, insluitende Henri Dutilleux, Osvaldo Golijov, John Harbison, Esa-Pekka Salonen, John Adams en Kaija Saariaho het musiek vir haar geskryf. In 2007 is 'n MacArthur Fellowship aan haar toegeken.[1]

Vroeë lewe

Dawn Upshaw is in Nashville, Tennessee gebore. Sy begin sing terwyl sy skoolgaan aan Rich East High School in Park Forest, Illinois. Sy was die enigste vrou wat nog ooit as tweedejaar tot die topkoor (die Singing Rockets) bevorder is. Sy behaal 'n B.A. in 1982 aan Illinois Wesleyan University waar sy sang studeer onder Dr. David Nott. Sy studeer verder onder Ellen Faull aan die Manhattan School of Music in New York Stad en behaal haar M.M. in 1984. Sy woon kursusse by wat deur Jan DeGaetani aangebied word aan die Aspen Music School. Sy was 'n wenner van die Young Concert Artists International Auditions (1984) en die Walter W. Naumburg-kompetisie (1985), en was 'n lid van die Metropolitan Opera Ontwikkelingsprogram vir jong kunstenaars. Sedert haar opgang in 1984 het Upshaw meer as 300 opvoerings by die Metropolitan Opera gemaak.

Pryse en eerbewyse

2014 Grammy-toekenning vir Beste Klassiek Vokale Solis:

2007 MacArthur Genoot[1]

2006 Grammy-toekenning vir Beste Opera Opname:

2003 Grammy-toekenning vir Beste Kamerorkes uitvoering:

1991 Grammy-toekenning vir Beste Klassieke Vokale Solis:

1989 Grammy-toekenning vir Beste Klassieke Vokale Solis:

Geselekteerde diskografie

Verwysings

  1. 1,0 1,1 MacArthur Foundation

Eksterne skakels