Ducati Motor Holding S.p.A. | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1926 |
Hoofkantoor | Bologna, Italië |
Sleutelpersone | Rupert Stadler (voorsitter) Claudio Domenicali (uitvoerende hoof) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Motorfietsvervaardiger |
Produkte | Cucciolo, 750 Imola Desmo, 916, Monster |
Inkomste | €702 miljoen (2015)[1] |
Moedermaatskappy | Audi |
Divisies | Ducati |
Dogter- maatskappye | Ducati Corse |
Webwerf | ducati.com |
Ducati Motor Holdings S.p.A. is 'n Italiaanse maatskappy wat motorfietse ontwerp en vervaardig, met sy hoofkwartier in Bologna, Italië. Ducati word besit deur die Duitse motorvervaardiger Audi deur middel van sy Italiaanse filiaal Lamborghini, wat beide weer besit word deur die Volkswagen Groep.[2]
Ducati is die beste bekend vir sy hoëprestasiemotorfietse gekenmerk deur grootkapasiteit vierslag, 90° V-tweelingenjins[3] met 'n desmodromiese klepontwerp.[4] Ducati verwys na hierdie opset as 'n L-tweeling, want een silinder is vertikaal, terwyl die ander horisontaal is, en lyk soos 'n letter "L".
Moderne Ducatis bly onder die dominante prestasiemotorfietse wat vandag beskikbaar is deels as gevolg van die desmodromiese klepontwerp, wat reeds in sy 50ste jaar van gebruik is.
Effective July 19, 2012, the Audi Group acquired 100 percent of the voting rights in the motorcycle manufacturer Ducati Motor Holding S.p.A., Bologna (Italy) via Automobili Lamborghini S.p.A., Sant'Agata Bolognese (Italy), a subsidiary of AUDI AG for a purchase price of EUR 747 million.