Economic Emancipation Forum | |
EEF | |
Leier | BJ Langa |
---|---|
Ideologie | Christelike demokrasie |
Webblad | ecoforum |
Die Economic Emancipation Forum (EEF) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party gebaseer op Christelike godsdienstige beginsels. Die partyleier is BJ Langa.
Die party wil 'n nasionale "morele wedergeboorte" lei, beywer hulle vir r die finansiële regte van pensioenarisse in die voormalige Bophuthatswana-tuisland, ondersteun Israel, versoek die nasionalisering van banke en beoog om ondersteuning vir swart entrepreneurs te verhoog.[1][2]
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem en het verklaar dat die party hul ten doel stel om 25% van die beskikbare nasionale setels te wen.[3] Die party kon nie daarin slaag om enige setels te wen nie.
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[4] | 6 319 | 0,04 | 0 |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |