Florian Zeller | |
---|---|
Zeller in 2021 | |
Gebore | 28 Junie 1979 Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep | Romansier, dramaturg, draaiboekskrywer en filmregisseur |
Eggenoot | Marine Delterme (trou 2010) |
Kinders | 2 |
Florian Zeller (* 28 Junie 1979) is 'n Franse romansier, dramaturg, draaiboekskrywer en filmregisseur. Hy het die Prix Interallié gewen vir sy 2004 roman, The Fascination of Evil, asook verskeie pryse vir sy toneelstukke.[1][2] Sy eerste rolprent, The Father, met Anthony Hopkins en Olivia Colman, is gebaseer op sy gelyknamige toneelstuk (Le Père). Die rolprent het ses benoemings ontvang tydens die 93ste Oscar-toekenningsaand, insluitende Beste Rolprent. Zeller het die Oscar vir Beste Verwerkte Draaiboek saam met Christopher Hampton gewen. Die rolprent het ook vier benoemings ontvang tydens die 78ste Golden Globe-toekenningsaand, en ses benoemings by die 74ste Britse Akademie-toekenningsaand (ook bekend as die BAFTA's).
Zeller het sy eerste roman, getiteld Artificial Snow, geskryf toe hy twee-en-twintig was. Dit was egter sy derde roman, The Fascination of Evil, wat hom bekend gemaak het in Frankryk. Dit is gekies vir die Prix Goncourt.
Sy toneelstuk, Le Père (The Father), is opgevoer by Londen se West End-teater en het kritiese lof ontvang[3][4]. Dit het verskeie pryse en nominasies in Parys, Londen en New York ontvang.[5] Volgens The Times is The Father "een van die beste toneelstukke van die eeu".[6]
Zeller se komedie, The Truth, is in Junie 2017 by die West End opgevoer en het 'n Laurence Olivier-benoeming vir Beste Komedie ontvang.
Sy toneelstuk, The Height of the Storm, met Jonathan Pryce en Eileen Atkins, is in September 2018 by die West End opgevoer en in September 2019 by New York se Broadway.[7] Dit is al "die beste toneelstuk van 2018" genoem[8].
Sy toneelstuk, The Mother, met Isabelle Huppert, is in Februarie 2019 in New York opgevoer.[9]
Sy toneelstuk The Son is in Februarie 2019 in Londen opgevoer, en in September van dieselfde jaar by die West End, en is deur resensente geloof.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Florian Zeller. |