Friedrich Schelling
Geboortenaam Friedrich Wilhelm Joseph Schelling
Gebore 27 Januarie 1775
Leonberg, Württemberg, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 20 Augustus 1854 (op 79)
Bad Ragaz, Switserland
Vakgebied natuurlike filosofie, natuurwetenskap, estetika, metafisika, epistemologie, filosofie van godsdiens
Beïnvloed deur Plato, Böhme, Baruch Spinoza, Leibniz, Kant, Jacobi, Herder, Goethe, Hölderlin, Fichte, Kielmeyer
Invloed op Hegel, Coleridge, Ast, Kierkegaard, Jung, Heidegger, Tillich, Peirce, Goethe, Fackenheim, Slavoj Žižek , Secrétan, I. Bernays, Krause, Ravaisson, Cousin, Grant, Hâjdeu

Friedrich Wilhelm Joseph von Schelling (27 Januarie 177520 Augustus 1854) was 'n Duitse filosoof. Historici plaas Schelling in die middel van die Duitse idealisme, êrens tussen Johann Gottlieb Fichte, sy mentor voor 1800 en Georg Wilhelm Friedrich Hegel, sy vorige kamermaat en vriend. Om Schelling se filosofie te vertolk is nie 'n maklike taak nie, omdat hy op 'n tipiese proteaanse denkwyse gereeld van onderwerp verander het. Nogtans word hy as 'n belangrike denker in die opkoms van Idealisme beskou. Sy filosofie dek temas soos menslike vryheid, die absolute en die verhouding tussen mens en natuur.

Biografie

Schelling is gebore te Leonberg in Württemberg, Duitsland. Hy gaan eers skool in die klooster skool van Bebenhausen naby Tübingen, waar sy vader 'n kapelaan en 'n professor was. Daarna het hy ingeskryf by die Tübinger Stift (kweekskool van die Protestantse Kerk in Württemberg), waar hy met die filosowe Georg Hegel en Friedrich Hölderlin bevriend geraak het. In 1792 het hy het hy by die filosofiese fakulteit gegradueeer en in 1793 tot Heinrich Eberhard Gottlob Paulus se Memorabilien bygedra. In 1795 het hy die verhandeling vir die teologiese graad, De Marcione Paullinarum epistolarum emendatore, voltooi. Intussen het hy ook begin om die werke van Immanuel Kant en Johann Gottlieb Fichte te bestudeer. Beide se werke sou hom inspireer en het sy eie werke beïnvloed.

Na hy vir twee jaar twee jeugdige aristokrate onderrig het, is hy in die somer van 1789 op die ouderdom van 23 jaar as buitengewone professor aan die Universiteit van Jena aangestel. Hy het teen die tyd al verskeie artikels en resensies vir die Tydskrifte van Fichte en Friedrich Immanuel Niethammer bygedra, terwyl hy hom ook in die natuur- en mediese wetenskappe begin bestudeer het. In 1796 publiseer hy die Briefe über Dogmatismus und Kritizismus, 'n kritiek op Kant se filosofiese stelsels. In 1797 publiseer hy die essay getiteld Neue Deduction des Naturrechts wat tot 'n mate Fichte se sieninge in Grundlage des Naturrechts, gepubliseer in 1796, vooruitloop, maar nie voordat Schelling se essay ontvang is deur die redakteurs van die joernaal nie. Sy studies van die natuurwetenskap word uiteengesit in Ideen zu einer Philosophie der Natur (1797), en sy tesis Von der Weltseele (1798).

Bibliografie

Eksterne skakels