Rooiratel
My take ≩ my tyd
|
Oor myEk werk as 'n sagteware-ingenieur in die bank- en telekommunikasiebedryf. Ek spandeer die meeste van my tyd met rekenaars, en kruip af en toe weg in die bos/berge. |
My werkEk fokus egter nie op enige spesifieke onderwerp wanneer ek aan Wikipedia werk nie, en gaan waar my nuuskierigheid my ook al lei. My fokus is op die verbetering van die Afrikaanse Wikipedia sowel as Wikidata en tot 'n mindere mate Wikimedia Commons en ander wikis. |
Kontak
|
af | Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans. |
─── Wikimedia-dinge ───
Hierdie gebruiker se tuiswiki is die Afrikaanse Wikipedia. |
Hierdie gebruiker is 'n administrateur op die Afrikaanse Wikipedia. (verifieer) |
Hierdie gebruiker dra by tot Wikidata, die gratis kennisbasis. |
2 556+ |
---|
2,2% | Hierdie gebruiker het 2 556 van die 116 891 artikels op die Afrikaanse Wikipedia geskep. |
---|
46.76% | Ons ontbreek 133109 artikels tot artikelnommer 250000. |
11.69% | Ons ontbreek 883109 artikels tot artikelnommer 1000000. |
50 000+ | Hierdie gebruiker het aan Wikipedia gemaak en, as gevolg daarvan, kan hulle effens mal wees. |
Hierdie gebruiker aanvaar goedertrou. |
─── IRC ───
Hierdie gebruiker se IRC bynaam is rooiratel op die Libera Chat bediener. |
─── Ligging ───
Hierdie gebruiker woon in Johannesburg. |
─── Werk ───
Hierdie gebruiker is 'n sagteware-ingenieur. |
─── Opvoeding ───
BS | Hierdie gebruiker het 'n Baccalaureus scientiae graad in Rekenaarwetenskap. |
---|
─── Sagteware ───
Hierdie gebruiker dra by met Mozilla Firefox. |
Ek is van die opinie dat dit baie makliker is vir nuwe gebruikers om 'n bestaande bladsy te wysig, as om 'n nuwe bladsy te skep. So ek probeer om die moeilike werk vir hulle te doen. (skepping van die bladsy, skakel met wikidata, sjablone, beelde ens.) Dus skep ek meestal saadjies van belangrike onderwerpe.
Ek doen ook 'n klomp vertalings, maar vertaalwerk is nie my sterkpunt nie. Ek waardeer enige proeflees wat gedoen word op bladsye wat ek vertaal het.
Ek is darem trots op die een bladsy wat ek geskep het: Rosamund Everard-Steenkamp. Dit bestaan nie op enige ander wiki nie, en ek moes self al die navorsing doen, en bronne versamel.
Lys van bladsye wat ek geskep het op die Afrikaanse Wikipedia in orde van bladtrekke : hier
Teen ons huidige gemiddelde spoed van 1000 nuwe artikels per maand, sal ons 250000 artikels bereik oor : 4 160 dae of 11 jaar. Ons kort dringend nog gereelde bydraers, en kan ook doen met nog botartikels.
As jy probleme het met die Outomatiese taksoboks, of Spesieboks ens. moet asseblief nie my besprekingsbladsy vol maak daarmee nie. Bespreek dit eerder op hierdie bladsy: Gebruiker:Rooiratel/TaksoboksDinge
Hier is 'n paar take wat ek van tyd tot tyd verrig. Spring gerus in om te help. Vele hande maak ligte werk. Sien Wikipedia:Agterstand vir die lys.
Ongekontroleerde anonieme wysigings |
---|
Lys van afkortings:
28 Mei 2024
27 Mei 2024
26 Mei 2024
25 Mei 2024
24 Mei 2024
23 Mei 2024
22 Mei 2024
21 Mei 2024
|
As jy wil hê ek moet iets vir jou doen, voeg dit by op my nog doen lys, en ek sal eendag daarby uitkom.
As jy enige Engelse teks sien op enige koppelvlak-element op Afrikaans Wikipedia dan is daar 'n 99% kans dat jy dit self kan reg maak. Daar is 'n amptelike webwerf vir die vertaling van teks in Wikimedia en verskeie ander projekte ook.
Die webwerf is : translatewiki.net
Jy moet 'n aparte rekening skep op die bladsy. Op die oomblik kan mens nie jou Wikimedia intekening gebruik nie.
Hieronder is 'n skakel na al die stukkies teks op Wikimedia wat vertaal kan word. Gebruik die filter aan die regterkant om die teks te soek wat jy wil vertaal.
Jou veranderings sal nie dadelik verskyn nie. So ver ek weet, doen Wikipedia 'n opdatering van al die vertalings elke Donderdag oggend. So jy sal 'n paar dae moet wag voor jou veranderings verskyn om Wikipedia.
Nota: heel onder aan die regterkant van die bladsy waar mens die aksie uitvoer, is daar ook 'n skakel na die bladsy hieronder.