George Murray kort nadat hy afgestudeer het.
George Murray op gevorderde leeftyd.

Ds. George Murray (Graaff-Reinet, 7 Augustus 1845 - 18 Mei 1921) was die jongste van ds. Andrew Murray sr. se vyf seuns wat predikant geword het.

Hy kry sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch en word in 1869 predikant op Willowmore, waar hy bly tot 1879. Hierna volg Swellendam tot 1892, Oudtshoorn tot 1910 en De Hoop tot sy aftrede in 1916. Hy het groot diens aan die kerk in vele kommissies en sendinge bewys.

Bronne