Ghoema-musiektoekennings 

Toegeken vir Uitmuntendheid in die Afrikaanse musiekbedryf
Borg Ghoema Musiektrust
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Eerste toekenning 11 Maart 2012 (2012-03-11) (12 jaar oud)
Webtuiste www.ghoema.co.za

Die Ghoema-musiektoekennings is musiektoekennings wat deur die Ghoema-musiektrust toegeken word om uitstaande prestasies in Afrikaanse musiek te erken. Die toekenningsplegtigheid het vanaf 2012 tot 2019 jaarliks in Maart plaasgevind, en is op kykNET uitgesaai.

Ghoema-musiektoekennings 2018

Die prysuitdeling van die Ghoema-musiektoekennings 2018 het op 30 April by die vermaakkompleks Emperors Palace in Kemptonpark plaasgevind.

Lys van wenners:[1][2]

Ghoema-musiektoekennings 2019

Die prysuitdeling van die Ghoema-musiektoekennings 2019 het op 17 April by die Sun Arena in Pretoria plaasgevind.[3]

Volledige lys van wenners:[4]

Ghoema-nominasie onttrek in 2019

Op 16 April 2019 het die betaaltelevisiediensverskaffer MultiChoice, waarop kykNET uitgesaai word, gedreig om as borg van die Ghoemas te onttrek indien die nominasie van 'n musiekvideo waarby Steve Hofmeyr betrokke was, nie geskrap word nie. Bok Radio van Kaapstad het op dieselfde dag aangekondig dat hy sy borgskap van die Ghoemas staak.[5][6] Verskeie kunstenaars het die volgende dag aangedui dat hulle die Ghoemas 2019 sal boikot as gevolg van Hofmeyr se "Die Land" se weglating.[7]

Verwysings

  1. "kykNET Ghoema Musiektoekennings: En die wenners is…". www.kyknet.dstv.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 14 Maart 2020.
  2. "Ghoema-musiekpryse 2018: En die wenners is…". afrmusieknuus.co.za/. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 14 Maart 2020.
  3. "kykNET Ghoema Musiektoekennings 2019: Hier's die benoemdes". afrmusieknuus.co.za. 28 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 26 April 2019.
  4. "Ghoema Musiektoekennings 2019: Wenners". Ghoema Musiek Trust. 17 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2019. Besoek op 26 April 2019.
  5. Bok Radio onttrek van Ghoemas. Maroela Media (16 April 2019). URL besoek op 16 April 2019.
  6. "Ghoema-nominasie onttrek oor Steve Hofmeyr". Maroela Media. 16 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2019. Besoek op 16 April 2019.
  7. "Talle sangers ondersteun Steve ná Ghoema-besluit". Maroela Media. 17 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019. Besoek op 17 April 2019.

Eksterne skakels