Piktogram wat Gholf aandui
Tiger Woods besig om 'n dryfhou te demonstreer aan boord die USS George Washington

Gholf is 'n buitelugsport waar individuele spelers of spanne 'n klein balletjie tot binne 'n gaatjie in die grond moet slaan deur verskeie gholfstokke te gebruik. Dit is ook een van die min spelle wat nie 'n vaste bepaalde spelarea gebruik nie, dit wil sê golfbane verskil in vorm en uitleg. Die spel word bepaal deur die Reëls van Gholf (opgestel deur die Verenigde State se Gholfvereniging) as "die slaan van 'n bal vanaf die bofperk tot in die gaatjie deur een of meer houe onderhewig aan die Reëls".[1] Daar word beweer dat gholf in Skotland ontstaan het en volgens oorlewering is die eerste gholfspel moontlik by die Bruntsfield Links in Skotland in 1456 gespeel, aldus die Royal Burgess Golfing Society.

Gholf, in sy huidige vorm, was wel sedert ten minste 1257 in Nederland en sedert 1672 op Skotland se Musselburgh Links gespeel (die oudste gholfbaan in die wêreld), maar ander weergawes van die spel is al vele eeue voorheen dwarsdeur die Britse eilande en die Nederlande van Noord-Europa gespeel.

Alhoewel dit gereeld as 'n elite-tydverdryf gesien word, word gholf nou meer gewild en trek al hoe meer spelers dwarsoor die wêreld.

Uitleg van 'n gholfbaan

1 = afslaangrond, 2 = waterhindernis, 3 = rowwe, 4 = buite perke, 5 = sandkuil, 6 = watergevaar, 7 = skoonveld, 8 = setperk, 9 = vlagpaal, 10 = gat

'n Spel bestaan uit die speel van 'n rondte van etlike putjies. 'n Putjie bestaan uit die slaan van 'n bal vanaf die bofperk ('n gemerkte area wat uitgesit word vir die eerste hou van 'n gaatjie), en opvolgende houe met yster- of houthoue. Sodra die bal die setperk ('n area van kortgesnyde gras) bereik word die bal met sethoue (wat teen die grond langs gespeel word) tot in die gaatjie gespeel. Meeste gholfbane bestaan uit 18 putjies, alhoewel sekere 9 het. Die doel — om so min as moontlik houe te gebruik om die bal in die putjie te kry — word deur verskeie versperrings soos bome, sandkuile en waterhindernisse bemoeilik.

Gebruike

Daar bestaan 'n magdom van jarelange gebruike en natuurlik ook 'n lys van etiket/reëls wat nagekom behoort te word by elke baan. Enkeles is:

Trivia

Die bekendste gholfwoord wat in daaglikse omgangstaal gebruik word, is die 19de putjie, bedoelende die kroeg in die klubhuis. "Sam het by die negentiende putjie vasgeval".

Sien ook

Verwysings

  1. "The Rules of Golf". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 23 Maart 2007.

Eksterne skakels