Glenn Close
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Glenn Close in 2014 by die première van Guardians of the Galaxy.

Geboorte 19 Maart 1947 (1947-03-19) (77 jaar oud)
Greenwich, Connecticut
Nasionaliteit Verenigde State
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1974-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Glenn Close (gebore op 19 Maart 1947)[1] is ’n Amerikaanse rolprent-, verhoog- en televisieaktrise.[2] Deur haar lang loopbaan het sy lof ontvang vir haar veelsydigheid en sy word gereken as een van die beste aktrises van haar generasie.[3] Sy het drie Emmys, drie Tonys en ses Oscar-benoemings gekry.

Loopbaan

Sy het haar verhoogloopbaan in 1974 begin met Love for Love, en was tot in die vroeë 1980's hoofsaaklik in New York op die verhoog te sien in beide toneelstukke en musiekspele. Sy was in 1980 in die Broadway-produksie Barnum en in 1983 in The Real Thing; vir laasgenoemde het sy ’n Tony vir beste aktrise gekry. Haar eerste rolprentrol was in The World According to Garp (1982), en daarna was sy in The Big Chill (1983) en The Natural (1984); sy het vir al drie rolle ’n Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler gekry. Sy het later ook benoemings vir beste aktrise gekry vir haar spel in Fatal Attraction (1987), Dangerous Liaisons (1988) en Albert Nobbs (2011). In die 1990's het sy nog twee Tonys gewen, vir Death and the Maiden in 1992 en die musiekspel Sunset Boulevard in 1995. Sy het haar eerste Emmy gewen vir die 1995-televisieprent Serving in Silence: The Margarethe Cammermeyer Story.

In 2003 was Close in die TV-prent The Lion in Winter, waarvoor sy ’n Golden Globe gewen het. In 2005 was sy in die dramareeks The Shield. Van 2007 tot 2012 was sy Patty Hewes in die TV-dramareeks Damages, waarvoor sy ’n Golden Globe en twee Emmys gewen het. In November 2014 was sy weer op Broadway in die toneelstuk A Delicate Balance.[4]

Haar ander rolprente sluit in Jagged Edge (1985), Hamlet (1990), Reversal of Fortune (1990), 101 Dalmatians (1996), Paradise Road (1997), Air Force One (1997), Cookie's Fortune (1999), Nine Lives (2005) en Guardians of the Galaxy (2014).

Close is een van drie aktrises wat vir die meeste Oscars (ses) benoem is sonder om een te wen; die ander twee is Deborah Kerr en Thelma Ritter.

Verhoog

Close as Norma Desmondin die musiekblyspel Sunset Boulevard.

Musiekblyspele

Dramas

Filmografie

Close in 2012

* TV-films is uitgelaat

Verwysings

  1. Roberts, Gary Boyd (2010). "Notable Kin – Additional Noted American Cousin: A Five-Year Update, Numbers 326-350" (in Engels). New England Historic Genealogical Society – Founded 1845. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2014. Besoek op 7 Desember 2010.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. "Glenn Close: My close-up on a man's world". Daily Mail (in Engels). 15 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 25 November 2014.
  4. http://www.broadwaybox.com/daily-scoop/what-play-can-come-along-that-will-be-more-star-studded-than-this/