Herbert Castens Rugbyportaal
Herbert Castens
Volle naam Herbert Hayton Castens
Bynaam H.H. Castens
Geboortedatum 23 November 1864
Geboorteplek Pearston, Oos-Kaap
Sterftedatum 18 Oktober 1929 (op 64)
Sterfteplek Londen, Engeland
Skool Rugby
Universiteit Universiteit van Oxford
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Voorspeler
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Villagers
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Westelike Provinsie
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1891 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1

Herbert Castens (1864–1929) was Suid-Afrika se eerste rugby- en krieketkaptein. Hy was algemeen as H.H. Castens bekend en het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van rugby en krieket in Suid-Afrika (beide op en van die veld) gespeel.[1]

Lewensloop

Herbert Hayton Castens is op 23 November 1864 in Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy woon die Rugby School in Engeland by en studeer daarna regte aan die Oxford-universiteit. Ná sy studies keer hy na Suid-Afrika terug om die regte in Kaapstad te praktiseer.

Castens was 'n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se eerste Springbok-rugbykaptein. Hierdie toets het in 1891 teen die Britse Leeus plaasgevind. Hy was ook die skeidsregter in die derde toets van die reeks (dieselfde jaar).[2]

Daarnaas was hy ook Suid-Afrika se eerste nasionale krieketkaptein wat 'n toerspan in 1894 aangevoer het.

Hy is op 18 Oktober 1929 oorlede en in ’n ongemerkte graf in die Fulham-begraafplaas buite Londen begrawe.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Die Kapteins. Edward Griffiths. 2001. ISBN 1-86842-112-0

Eksterne skakels

 Hierdie artikel omtrent ’n Suid-Afrikaanse persoon is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.


 Hierdie rugbyartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
Voorafgegaan deur
Springbokkaptein
1891–1891
Opgevolg deur
Bob Snedden