| |||||
Volkslied: 《義勇軍進行曲》 Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ (Chinees) March of the Volunteers (Engels) (Afrikaans: "Mars van die Vrywilligers") | |||||
Hoofstad | Hongkong | ||||
Grootste stad | Hongkong | ||||
Amptelike tale | Chinees en Engels[1][2] | ||||
Regering • Hoofuitvoerende Beampte • Hoofsekretaris vir Administrasie |
Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China John Lee Eric Chan | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Britse besit • Verdrag van Nanking • Konvensie van Beijing • 2de Konvensie van Beijing • Japannese besetting • Oordraging van die Britse soewereiniteit aan die Volksrepubliek China |
25 Januarie 1841 29 Augustus 1842 18 Oktober 1860 9 Junie 1898 25 Desember 1941 tot 30 Augustus 1945 1 Julie 1997 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 755[3] km2 (184ste) 1 064 myl2 59,8 (1 649 km² / 637 myl²) | ||||
Bevolking - 2016-skatting - Digtheid |
7 409 000[4] (100ste) 6 544[5] / km2 (4de) 16 948,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
MOI (2015) | 0,917[7] (12de) – baie hoog | ||||
Gini (2016) | 53,9[8] – hoog | ||||
Geldeenheid | Dollar (HKD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
HKT (UTC+8) nie toegepas nie (UTC+8) | ||||
Internet-TLD | .hk, .香港 | ||||
Skakelkode | +852 |
Hongkong (Chinees: 香港, Xiānggǎng, Kantonees: Yale: Hēunggóng, Jyutping: Hoeng1 gong2, Guangdong: Hêng1 gong2, [hœ́ːŋ.kɔ̌ːŋ], ; Engels: Hong Kong; letterlik: "lieflike hawe" of "wierookhawe"[9][10]), amptelik die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China (Engels: Hong Kong Special Administrative Region of the People's Republic of China, Chinees: 中華人民共和國香港特別行政區), is naas Macau een van twee spesiale administratiewe streke van die Volksrepubliek China. Hongkong is oos van die Pêrelrivierdelta en Macau aan die kus van die Suid-Chinese See geleë en grens in die noorde aan die Chinese provinsie Guangdong.
Dit was 155 jaar lank tot 1997 'n Britse oorsese gebied, aanvanklik 'n kroonkolonie (van 1842, kragtens die Verdrag van Nanking, tot 1997). Op 30 Junie 1997 is die beheer egter aan die Volksrepubliek China teruggegee, wat nietemin belowe het dat hy nie sy eie ekonomiese stelsel op Hongkong sou afdwing nie en dat dit die daaropvolgende vyftig jaar ’n hoë mate van outonomie sou geniet. Hongkong se ekonomie word wyd in die pers die vryste ter wêreld genoem, onder meer deur die Engelse tydskrif The Economist.[11]
Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Hongkong beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en het tydens die Britse koloniale tydperk in Hongkong gevestig. Hongkong se sporttradisies toon min ooreenkomste met dié van die Volksrepubliek China en kom egter ooreen met dié van die Britse Statebond. Hongkong stuur sedert 1952 hul eie aparte span vir elke Olimpiese Somerspele en neem nie onder die Chinese vlag deel nie, dit stem ooreen met die "Een land, twee stelsels"-beleid. Vanaf 1934 tot 1994 het Hongkong ook aan die Statebondspele deelgeneem, maar nadat dit in 1997 deur die Verenigde Koninkryk aan die Volksrepubliek China oorhandig is, mag dit nie meer aan dié geleentheid deelneem nie.
Sokker is die gewildste sportsoort in Hongkong[12][13] en word sedert koloniale tye beoefen. Die Hongkongse nasionale sokkerspan is in 1939 gestig en kon drie keer vir die AFC se Asië Nasies-beker kwalifiseer met hul beste prestasie op die derde plek in 1956. Hulle kon egter nog nie vir die FIFA Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer nie.[14]
Rugby is die tweede gewildste sportsoort in Hongkong en is veral bekend vir die jaarlikse Sewesrugby-toernooi, die Hong Kong Sevens. Die Hongkongse nasionale rugbyspan is tans Asië se tweede sterkste span net ná Japan,[15] en ding in die Asiatiese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Hulle kon tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.
Krieket is op pad na een van die gewildste sportsoorte van Hongkong en sedert 1992 word die Hong Kong Cricket Sixes in 6-per-kant-krieket gehuisves. Die Hongkongse nasionale krieketspan is tans een van Asië se sterkste spanne buite die Internasionale Krieketraad se Internasionale eendagwedstryd-lande en in November 2013 is Hongkong saam met Nederland Twintig20 Internasionale-status toegeken.[16]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hongkong. |
Provinsies | ||
---|---|---|
Outonome streke | ||
Munisipaliteite | ||
Spesiale administratiewe streke | ||
Ander |
Lande en gebiede in Asië | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Lande | Afghanistan • Armenië3 • Azerbeidjan • Bahrein • Bangladesj • Bhoetan • Broenei • Egipte1 • Filippyne • Georgië2 • Indië • Indonesië • Irak • Iran • Israel • Japan • Jemen • Jordanië • Kambodja • Kasakstan2 • Katar • Kirgisië • Koeweit • Laos • Libanon • Maledive • Maleisië • Mianmar • Mongolië • Nepal • Noord-Korea • Oesbekistan • Oman • Oos-Timor • Pakistan • Rusland2 • Saoedi-Arabië • Singapoer • Siprus3 • Sirië • Sri Lanka • Suid-Korea • Tadjikistan • Thailand • Turkmenistan • Turkye2 • Verenigde Arabiese Emirate • Viëtnam • Volksrepubliek China | ||||||
Omstrede gebiede | |||||||
Afhanklike gebiede |
| ||||||
Lande van | |||||||
Hoofstede van onafhanklike lande | Aboe Dhabi • Amman • Ankara • Asjchabad • Astana • Bagdad • Bakoe • Bandar Seri Begawan • Bangkok • Beijing • Beiroet • Bisjkek • Colombo • Damaskus • Dhaka • Dili • Djakarta • Doha • Doesjanbe • Hanoi • Islamabad • Jerewan • Jerusalem • Kaboel • Katmandoe • Koeweit • Kuala Lumpur • Malé • Manama • Manila • Maskat • Naypyidaw • Nicosia • Nieu-Delhi • Phnom Penh • Pjongjang • Ramallah • Riaad • Sanaa • Seoel • Singapoer • Tasjkent • Tbilisi • Teheran • Thimphu • Tokio • Ulaanbaatar • Vientiane | |
---|---|---|
Hoofstede van omstrede gebiede | ||
Hoofstede van afhanklike gebiede | ||
Hoofstede van |