Iran-Irakse Oorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Persiese Golf-konflikte | |||||||
Kloksgewys van links heel bo: Die deelname van kinders aan die Iranse front; ’n Iranse soldaat dra ’n gasmasker; pro-Irakse magte wat gesneuwel het in Operasie Mersad; ’n ZU-23-2 wat deur die Iranse weermag gebruik is; Irakse oorlogsgevangenes ná die herverowering van Khorramshahr deur Iran; die Amerikaanse skip USS Stark nadat ’n Irakse vegvliegtuig dit per ongeluk aangeval het. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Iran | Irak | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Roeholla Chomeini (opperleier van Iran) |
Saddam Hoesein (president van Irak) | ||||||
Sterkte | |||||||
Aan die begin van die oorlog:[1] 110 000 - 150 000 soldate, 1 700 - 2 100 tenks,[2] 1 000 pantservoeruie, 485 bomwerpers,[3] 750 helikopters |
Aan die begin van die oorlog:[4] 200 000 soldate, 2 800 tenks, 4 000 pantservoertuie, 380 bomwerpers, 350 helikopters | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
123 220 - 160 000 dood en 60 711 vermis (volgens Iran)[5][6] 200 000 - 600 000 gedood (ander ramings) [5][7][8][9][10][11][12][13][14] 800 000 gedood (volgens Irak)[5] 320 000 - 500 000 gewond[8][15][16] |
105 000 - 375 000 gedood[15][17][18][19] 250 000 - 500 000 (ander ramings)[20] 400 000 gewond[18] | ||||||
100 000+ burgerlikes aan albei kante gedood[21] (nie ingereken: 50 000 - 200 000 Koerdiese burgerlikes wat in die Al-Anfal-volksmoord dood is)[22] |
Die Iran-Irakse Oorlog, soms ook die Eerste Golfoorlog genoem, het op 22 September 1980 begin toe Irak Iran binnegeval het, en dit het op 20 Augustus 1988 geëindig toe Iran die VN-bemiddelde skietstilstand aanvaar het. Irak wou Iran vervang as die oorheersende staat in die Persiese Golf-gebied en was bekommerd dat die Iranse rewolusie van 1979 die Sjia-meerderheid in Irak sou inspireer om teen die Baathregering te rebelleer. Die oorlog het ook gevolg op ’n lang geskiedenis van grensdispute.
Hoewel Irak die chaos in Iran ná die rewolusie probeer uitbuit het, het hulle min vordering gemaak en is hulle vinnig teruggedryf; Iran het teen Junie 1982 feitlik al sy verlore grondgebied herwin. Vir die volgende ses jaar, tot naby die einde van die oorlog, was Iran op die aanval.[23][18] Daar was ’n paar niestaatsdeelnemers – veral die Volksmoedjahidien van Iran, wat aan Irak se kant geveg het, en Irakse Koerdiese guerrillastryders aan Iran se kant. Die VSA, Brittanje, die Sowjetunie, Frankryk en die meeste Arabiese lande het egter Irak polities en logisties ondersteun, terwyl Iran in ’n groot mate geïsoleer was.
Ná agt jaar het oorloguitputting, ekonomiese probleme, ’n afname in moreel, herhaalde Iranse mislukkings en toenemende Irakse suksesse, die gebruik deur laasgenoemde land van massavernietigingswapens en ’n gebrek aan internasionale simpatie gelei tot ’n skietstilstand wat deur die VN bemiddel is.
Die konflik is al met die Eerste Wêreldoorlog vergelyk in terme van taktiek, insluitende grootskaalse loopgraafoorlogvoering met doringdraad wat oor gefortifiseerde verdedigingsposisies gespan is, bemande masjiengeweer-posisies, bajonetaanvalle, die uitgebreide gebruik van chemiese wapens deur Irak en, later in die oorlog, doelbewuste aanvalle op burgerlike teikens. ’n Spesiale eienskap van die oorlog was ’n martelaarstaktiek wat in die jare voor die rewolusie in Iran ontwikkel is: "menslikegolfaanvalle". Dit het ’n blywende impak op die dinamika van die oorlog gemaak.[24]
Na raming het sowat 500 000 Irakse en Iranse soldate gesneuwel, asook ’n kleiner aantal burgerlikes. Die einde van die oorlog het geen skadeloosstellings of veranderde grense tot gevolg gehad nie.
((cite web))
: CS1 maint: archived copy as title (link)