Isidoor Teirlinck (2 Januarie 1851, Zegelsem - 27 Junie 1934, Vorst, Brussel) was 'n Vlaamse skrywer. Hy is veral bekend vir sy werk oor volksverhale.

Isidoor Teirlinck het in Lier skoolgegaan. Hy het met Oda van Nieuwenhove getrou en was die vader van die skrywer Herman Teirlinck. Hy het 'n onderwyser geword en onderwys gegee in Serskamp, Drogenbos en Sint-Joost-ten-Node. Hy was vanaf 1875 onderwyser in wiskunde en fisika in Brussel. Hy het verskeie boeke saam met sy swaer Reimond Stijns geskryf onder die pennaam Teirlinck-Stijns. Hulle bekendste roman was Arm Vlaanderen wat in 1884 gepubliseer is.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]