Johannes Kerkorrel
GeboortenaamRalph John Rabie
Ook bekend asJohannes Kerkorrel
Gebore27 Maart 1960
Johannesburg
Sterf12 November 2002 (op 42)
Kleinmond
GenresAfrikaanse Rock
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, dramaturg, joernalis
InstrumenteKlawerbord, stem
Jare aktief1986–2002
EtiketteShifty Records, One World Entertainment, Talisman

Johannes Kerkorrel (27 Maart 196012 November 2002) was 'n Afrikaanse joernalis en musikant. Sy regte naam was Ralph John Rabie.[1][2]

Rabie is in Johannesburg gebore en was 'n joernalis by die Afrikaanse weekblad, Rapport. In 1986 begin hy liedjies met 'n politiese tema tydens kunsfeeste (onder die verhoognaam Kerkorrel) te sing. Sommige van hierdie liedjies was teen die destydse regering, en in besonder, teen staatspresident P.W. Botha gemik. Hy word in 1987 afgedank omdat hy aanhalings uit Botha se toesprake in sy musiek gebruik het.

Ná sy afdanking word Rabie 'n voltydse musikant onder die verhoognaam Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Hulle musiek is destyds as Alternatiewe Afrikaans beskryf.

In 1989 stel hulle die album, Eet kreef, vry. Die album was 'n kommersiële sukses, ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie geweier het om van die snitte uit te saai. Hulle daaropvolgende toer is Voëlvry genoem, wat aanleiding tot die sogenaamde Voëlvry-beweging gegee het.

Rabie besoek Amsterdam in 1990. Byna terselfdertyd word die snit Hillbrow op sy Eet kreef-album 'n treffer in België, waarna Rabie sy sukses met 'n solo-toer opvolg. In 1991 geniet hy aansienlike sukses in België en Nederland. Hier raak hy met die Nederlandse sanger Stef Bos bevriend, met wie hy 'n aantal konserte saam opgevoer het.

Op 12 November 2002 hang Rabie homself in Kleinmond, naby Hermanus aan die Wes-Kaapse kus. Hy is deur sy homoseksuele lewensmaat, sy geskeide vrou en 'n seun oorleef.[3][4][5][6]

Albums

Sien ook

Verwysings

  1. "'Dylan' of Afrikaans rock dies". SouthAfrica.info. 13 November 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 20 April 2013.
  2. Sassen, Robyn (15 Januarie 2003). "Just Another Day in Africa: In no-man's land I got lost". PopMatters.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 13 November 2007.
  3. Redelinghuys, Pieter (12 November 2002). "Kerkorrel commits suicide". News24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 22 April 2013.
  4. "Remembering Kerkorrel". Mail & Guardian (in Engels). 13 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 April 2013.
  5. Rooi, Jacob (17 November 2002). "'I'm sorry mom'". Rapport (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 April 2013.
  6. "'Who killed Kerkorrel?'". News24 (in Engels). 25 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 April 2013.

Eksterne skakels