Klein Karoo | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Produksieleier | Vervaardigers: Cobus van den Berg, Tim Theron, Jorrie van der Walt |
Met | Donnalee Roberts Tim Theron Hykie Berg Anel Alexander Sisanda Henna Pierre Breytenbach |
Musiek deur | Helmut Meijer Tim Theron Die Vosperd Brigade |
Redigeerder | CA van Aswegen |
Ateljee | Kaapland Films |
Uitgereik | 1 Februarie 2013 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste |
Klein Karoo is ’n Afrikaanse rolprent wat op 1 Februarie 2013 in teaters oral in Suid-Afrika begin draai het. Tydens die openingsweek het die rolprent beter by die loket gevaar as Steven Spielberg se Lincoln, wat op dieselfde dag begin draai het. Meer mense het oor dié naweek na Klein Karoo gaan kyk as na Life of Pi, Les Misérables of Argo of Django Unchained.[1]
Die rolprent is ’n romantiese komedie. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding vir jong kinders).
’n Jong onderwyseres van Oudtshoorn, Cybil Ferreira, sal enigiets in haar vermoë doen om te verseker dat haar projek by die plaasskooltjie Kalfieskraal voortgaan. Die grond waarop Kalfieskraal gebou is, is te koop en die potensiële kopers stel nie in die projek belang nie. So kom Frans Coetzee in die prentjie. Frans is ’n rolprentvervaardiger met ’n gebroke hart, wat in die Klein-Karoo is om saam met sy span ’n dokumentêr oor opheffingswerk in die omgewing te maak - en hopelik in die proses te vergeet van liefde, vrouens, en al die moeilikheid wat daarmee gepaardgaan. Cybil en Frans se paadjies kruis en beide se wêrelde word totaal omver gegooi.