Matla-kragstasie | |
---|---|
Ligging | Naby Kriel |
Provinsie/Land | Mpumalanga |
Koördinate | 26°16′57″S 29°8′27″O / 26.28250°S 29.14083°O |
Status | Operasioneel |
Eienaar | Eskom |
Turbines | 6 stoomturbines van 600 MW elk |
Geïnstalleerde kapasiteit | 3 600 Megawatt[1] |
Matla-kragstasie in Mpumalanga, Suid-Afrika, is 'n steenkoolkragstasie wat deur Eskom bedryf word en wat die produksie van die Matla-steenkoolmyn verbruik.
Konstruksie aan die stasie het in 1974 begin, en die laaste eenheid is in Julie 1983 in gebruik geneem. In 1981 is die suidelikste rookskoorsteen van 276 meter (906 voet) in hoogte gesloop nadat dit gedeeltelik in duie gestort het tydens konstruksie, en 4 werkers dood is. Dit het vir 24 jaar die wêreldrekord gehou vir die hoogste vrystaande struktuur wat eksplosief gesloop is[2][3] tot die sloping van die 300 m (980 vt) skoorsteen van die Westerholt-kragstasie.[4]