Kaart van die Nasionale Padstelsel

Die Nasionale Padstelsel is 'n netwerk van paaie tussen al die groot populasiesentra in Suid-Afrika. Die stelsel is grotendeels in die 1970's gebou met padwerke wat tot vandag steeds voortduur. Die stelsel is gebaseer op die Amerikaanse Interstate Highway wat deur president Dwight D. Eisenhower gedurende die 1950's tot stand gebring is, wat op sy beurt gebaseer is op die Duitse Autobahn waarmee Eisenhower te doen gekry het toe hy tot afloop van die Tweede Wêreldoorlog deur Duitsland getoer het.

Huidige geproklameerde paaie

Nasionale paaie word aangedui met die letter N gevolg deur 'n nommer wat die spesifieke roete aandui. Op padtekens word nasionale paaie deur 'n vyfhoek met die nommer van die pad binne-in voorgestel.

via Laingsburg, Beaufort-Wes, Colesberg, Bloemfontein, Winburg, Kroonstad, Johannesburg, Pretoria, Polokwane en Musina.
via die Tuinroete, Port Elizabeth, Grahamstad, Bhisho, Oos-Londen, Mthatha, Kokstad, Port Shepstone, Durban, Empangeni, Pongola en Piet Retief.
via Pietermaritzburg, Estcourt en Harrismith.
via Rustenburg, Pretoria, Witbank en Nelspruit.
via Bethlehem.
via Queenstown en Aliwal-Noord.
via Malmesbury en Springbok.
via Kimberley, Bloemfontein en Ladybrand.
via Graaff-Reinet en Middelburg.
via Cradock, Middelburg, De Aar, Prieska en Upington.
via Newcastle, Volksrust, Ermelo, Middelburg en Polokwane.
via Oudtshoorn, Beaufort-Wes, Kimberley, Warrenton, Klerksdorp, Potchefstroom en Johannesburg
via Upington, Kuruman, Vryburg, Krugersdorp en Centurion.
via Springs, Bethal en Ermelo.
via Vryburg en Mahikeng.

Voorgestelde roetes

Ouer skema

'n Ouer skema, aansienlik afwykend van die huidige nommers, is beskryf in die 1970 Shell Road Atlas of South Africa en ander gelyktydige bronne:

[1]

Sien ook

Verwysings

  1. Shell Road Atlas of Southern Africa. Shell, 1970

Eksterne skakels