![]()
| ||
![]() | ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in Fisiologie of Geneeskunde | |
Borg | Nobelpleging by die Karolinska Instituut | |
Land | ![]() | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (Sweeds: Nobelpriset i fysiologi eller medicin) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Nobelpleging by die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisiologie of geneeskunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, letterkunde en vrede.
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde tradisioneel eerste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 227 individue toegeken.[2] Nog 13 vroue het dit gekry.[3]
Een Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde-wenners, naamlik die Duitser Gerhard Domagk (1939), was deur sy regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hy sou later ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie.[4]
Die 2023-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan Katalin Karikó en Drew Weissman "vir hul ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van effektiewe bRNS-entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vanaf 1901 tot op hede. In 1915–1918, 1921, 1925 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1901[7] | ![]() |
Emil Adolf von Behring | ![]() |
"vir sy werk op serumterapie, veral die toepassing daarvan op witseerkeel, waardeur hy 'n nuwe pad in die domein van die mediese wetenskap geopen het en sodoende in die hande van die dokter 'n oorwinnende wapen teen siekte en sterftes geplaas het" |
1902[8] | ![]() |
Sir Ronald Ross | ![]() ![]() |
"vir sy werk op malaria, waarmee hy aangedui het hoe dit die organisme binnedring en daardeur die basis gelê het vir suksesvolle navorsing oor hierdie siekte en metodes om dit te bekamp" |
1903[9] | ![]() |
Niels Ryberg Finsen | ![]() ( ![]() |
"[vir] sy bydrae tot die behandeling van siektes, veral lupus vulgaris, met gekonsentreerde ligbestraling, waardeur hy 'n nuwe weg vir die mediese wetenskap gebaan het" |
1904[10] | ![]() |
Iwan Pawlof | ![]() |
"ter erkenning van sy werk op die fisiologie van spysvertering, waardeur kennis oor lewensbelangrike aspekte van die vak verander en vergroot is" |
1905[11] | ![]() |
Robert Koch | ![]() |
"vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose" |
1906[12] | ![]() |
Camillo Golgi | ![]() |
"ter erkenning van hul werk op die struktuur van die senuweestelsel" |
![]() |
Santiago Ramón y Cajal | ![]() | ||
1907[13] | ![]() |
Charles Louis Alphonse Laveran | ![]() |
"ter erkenning van sy werk op die rol wat protosoë in siektekunde speel" |
1908[14] | ![]() |
Ilja Iljitsj Metsjnikof | ![]() |
"ter erkenning van hul werk op immuniteit" |
![]() |
Paul Ehrlich | ![]() | ||
1909[15] | ![]() |
Emil Theodor Kocher | ![]() |
"vir sy werk oor die fisiologie, patologie en chirurgie van die skildklier" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1910[16] | ![]() |
Albrecht Kossel | ![]() |
"ter erkenning van die bydrae tot ons kennis van selchemie wat gemaak is weens van sy werk op proteïene, insluitend die nuklemestowwe" |
1911[17] | ![]() |
Allvar Gullstrand | ![]() |
"vir sy werk op die dioptriek van die oog" |
1912[18] | ![]() |
Alexis Carrel | ![]() |
"[vir] sy werk op vaskulêre hegting en die oorplanting van bloedvate en organe" |
1913[19] | ![]() |
Charles Richet | "[vir] sy werk op anafilakse" | |
1914[20] | ![]() |
Robert Bárány | ![]() |
"vir sy werk op die fisiologie en patologie van die vestibulêre apparaat" |
1919[21] | ![]() |
Jules Bordet | ![]() |
"vir sy ontdekkings met betrekking tot immuniteit" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1920[22] | ![]() |
Schack August Steenberg Krogh | ![]() |
"vir sy ontdekking van die kapillêre motorreguleermeganisme" |
1922[23] | ![]() |
Archibald Vivian Hill | ![]() |
"vir sy ontdekking wat verband hou met die produksie van hitte in die spier" |
![]() |
Otto Fritz Meyerhof | ![]() |
"vir sy ontdekking van die vaste verhouding tussen die verbruik van suurstof en die metabolisme van melksuur in die spier" | |
1923[24] | ![]() |
Sir Frederick Grant Banting | ![]() |
"vir die ontdekking van insulien" |
![]() |
John James Rickard Macleod | ![]() | ||
1924[25] | ![]() |
Willem Einthoven | ![]() |
"vir die ontdekking van die meganisme van die elektrokardiogram" |
1926[26] | ![]() |
Johannes Andreas Grib Fibiger | ![]() |
"vir sy ontdekking van die Gongilonema neoplastikum" |
1927[27] | ![]() |
Julius Wagner-Jauregg | ![]() |
"vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van malaria-inenting in die behandeling van demensie-paralitika" |
1928[28] | ![]() |
Charles Jules Henri Nicolle | ![]() |
"vir sy werk op tifus" |
1929[29] | ![]() |
Christiaan Eijkman | ![]() |
"vir sy ontdekking van die antineuritiese vitamien" |
![]() |
Sir Frederick Gowland Hopkins | ![]() |
"vir sy ontdekking van die groei-stimulerende vitamiene" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1930[30] | ![]() |
Karl Landsteiner | ![]() |
"vir sy ontdekking van menslike bloedgroepe" |
1931[31] | ![]() |
Otto Heinrich Warburg | ![]() |
"vir sy ontdekking van die aard en werking van die respiratoriese ensiem" |
1932[32] | ![]() |
Sir Charles Scott Sherrington | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die funksies van neurone" |
![]() |
Edgar Douglas Adrian | |||
1933[33] | ![]() |
Thomas Hunt Morgan | ![]() |
"vir sy ontdekkings rakende die rol wat chromosome in erflikheid speel" |
1934[34] | ![]() |
George Hoyt Whipple | "vir hul ontdekkings rakende lewerterapie in gevalle van bloedarmoede" | |
![]() |
George Richards Minot | |||
![]() |
William Parry Murphy | |||
1935[35] | ![]() |
Hans Spemann | ![]() |
"vir sy ontdekking van die organiseerder-effek in embrioniese ontwikkeling" |
1936[36] | ![]() |
Sir Henry Hallett Dale | ![]() |
"vir hul ontdekkings met betrekking tot chemiese oordrag van senuwee-impulse" |
![]() |
Otto Loewi | ![]() ![]() | ||
1937[37] | ![]() |
Albert Szent-Györgyi von Nagyrapolt | ![]() |
"vir sy ontdekkings in verband met die biologiese verbrandingsprosesse, met spesiale verwysing na vitamien C en die katalise van fumaarsuur" |
1938[38] | ![]() |
Corneille Jean François Heymans | ![]() |
"vir die ontdekking van die rol wat die sinus- en aortiese meganismes speel in die regulering van respirasie" |
1939[39] | ![]() |
Gerhard Domagk | ![]() |
"vir die ontdekking van die antibakteriese effekte van prontosil" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1943[40] | ![]() |
Carl Peter Henrik Dam | ![]() |
"vir sy ontdekking van vitamien K" |
![]() |
Edward Adelbert Doisy | ![]() |
"vir sy ontdekking van die chemiese aard van vitamien K" | |
1944[41] | ![]() |
Joseph Erlanger | "vir hul ontdekkings met betrekking tot die hoogs gedifferensieerde funksies van enkele senuweefibrille" | |
![]() |
Herbert Spencer Gasser | |||
1945[42] | ![]() |
Sir Alexander Fleming | ![]() |
"vir die ontdekking van penisillien en die genesende effek daarvan by verskeie aansteeklike siektes" |
![]() |
Sir Ernst Boris Chain | |||
![]() |
Howard Walter Florey | ![]() | ||
1946[43] | ![]() |
Hermann Joseph Muller | ![]() |
"vir die ontdekking van die produksie van mutasies deur middel van X-bestraling" |
1947[44] | ![]() |
Carl Ferdinand Cori | "vir hul ontdekking van die verloop van die katalitiese omskakeling van glikogeen" | |
![]() |
Gerty Theresa Cori, née Radnitz | |||
Bernardo Alberto Houssay | ![]() |
"vir sy ontdekking van die rol wat die hormoon van die anterior pituïtêre lob speel in die metabolisme van glukose" | ||
1948[45] | ![]() |
Paul Hermann Müller | ![]() |
"vir sy ontdekking van die hoë doeltreffendheid van DDT as 'n kontakgif teen verskeie geleedpotiges" |
1949[46] | ![]() |
Walter Rudolf Hess | "vir sy ontdekking van die funksionele organisasie van die binnebrein as 'n koördineerder van aktiwiteite van die interne organe" | |
![]() |
António Caetano Egas Moniz | ![]() |
"vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van leukotomie (lobotomie) in sekere psigoses" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1950[47] | ![]() |
Philip Showalter Hench | ![]() |
"vir hul ontdekkings met betrekking tot die hormone van die bynierkorteks, hul struktuur en biologiese effekte" |
![]() |
Edward Calvin Kendall | |||
![]() |
Tadeusz Reichstein | ![]() ![]() | ||
1951[48] | ![]() |
Max Theiler | ![]() |
"vir sy ontdekkings rakende geelkoors en hoe om dit te bekamp" |
1952[49] | ![]() |
Selman Abraham Waksman | ![]() |
"vir sy ontdekking van streptomisien, die eerste antibiotikum wat effektief was teen tuberkulose" |
1953[50] | ![]() |
Sir Hans Adolf Krebs | ![]() |
"vir sy ontdekking van die sitroensuursiklus (Krebssiklus)" |
![]() |
Fritz Albert Lipmann | ![]() |
"vir sy ontdekking van mede-ensiem A en sy belangrikheid vir intermediêre metabolisme" | |
1954[51] | ![]() |
John Franklin Enders | "vir hul ontdekking van die vermoë van poliomiëlitisvirusse om te groei in kulture van verskillende soorte weefsel" | |
![]() |
Frederick Chapman Robbins | |||
![]() |
Thomas Huckle Weller | |||
1955[52] | ![]() |
Axel Hugo Theodor Theorell | ![]() |
"vir sy ontdekkings rakende die aard en werking van oksidasie-ensieme" |
1956[53] | ![]() |
André Frédéric Cournand | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende hartkateterisering en patologiese veranderinge in die bloedsomloopstelsel" |
![]() |
Werner Forssmann | ![]() | ||
![]() |
Dickinson W. Richards | ![]() | ||
1957[54] | ![]() |
Daniel Bovet | ![]() |
"vir sy ontdekkings met betrekking tot sintetiese verbindings wat die werking van sekere liggaamsdele inhibeer, en veral hul werking op die vaskulêre stelsel en die skeletspiere" |
1958[55] | George Wells Beadle | ![]() |
"vir hul ontdekking dat gene optree deur bepaalde chemiese gebeure te reguleer" | |
![]() |
Edward Lawrie Tatum | |||
![]() |
Joshua Lederberg | "vir sy ontdekkings rakende genetiese herkombinasie en die organisasie van die genetiese materiaal van bakterieë" | ||
1959[56] | ![]() |
Arthur Kornberg | "vir hul ontdekking van die meganismes in die biologiese sintese van ribonukleïensuur en deoksi-ribonukleïensuur" | |
![]() |
Severo Ochoa | ![]() ![]() |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1960[57] | ![]() |
Sir Frank Macfarlane Burnet | ![]() |
"vir die ontdekking van verworwe immunologiese toleransie" |
![]() |
Sir Peter Brian Medawar | ![]() ![]() | ||
1961[58] | ![]() |
Georg von Békésy | ![]() |
"vir sy ontdekkings van die fisiese meganisme van stimulasie binne die koglea" |
1962[59] | ![]() |
Francis Harry Compton Crick | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die molekulêre struktuur van nukleïensure en die betekenis daarvan vir die oordrag van inligting in lewende materiaal" |
![]() |
James Dewey Watson | ![]() | ||
![]() |
Maurice Hugh Frederick Wilkins | ![]() ![]() | ||
1963[60] | ![]() |
Sir John Carew Eccles | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die ioniese meganismes wat betrokke is by opwekking en inhibisie in die perifere en sentrale gedeeltes van die senuweeselmembraan" |
![]() |
Sir Alan Lloyd Hodgkin | ![]() | ||
![]() |
Sir Andrew Fielding Huxley | |||
1964[61] | Konrad Bloch | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die meganisme en regulering van die cholesterol- en vetsuurmetabolisme" | |
![]() |
Feodor Lynen | ![]() | ||
1965[62] | ![]() |
François Jacob | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende genetiese beheer van ensiem- en virussintese" |
![]() |
André Lwoff | |||
![]() |
Jacques Monod | |||
1966[63] | Peyton Rous | ![]() |
"vir sy ontdekking van gewasbeïnvloedende virusse" | |
Charles Brenton Huggins | "vir sy ontdekkings rakende hormonale behandeling van prostaatkanker" | |||
1967[64] | ![]() |
Ragnar Granit | ![]() ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die primêre fisiologiese en chemiese visuele prosesse in die oog" |
![]() |
Haldan Keffer Hartline | ![]() | ||
![]() |
George Wald | |||
1968[65] | ![]() |
Robert W. Holley | "vir hul interpretasie van die genetiese kode en die funksie daarvan in proteïensintese" | |
![]() |
Har Gobind Khorana | ![]() ![]() | ||
![]() |
Marshall W. Nirenberg | ![]() | ||
1969[67] | ![]() |
Max Delbrück | "vir hul ontdekkings rakende die repliseringsmeganisme en die genetiese struktuur van virusse" | |
![]() |
Alfred D. Hershey | |||
![]() |
Salvador E. Luria | ![]() ![]() |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1970[68] | ![]() |
Julius Axelrod | ![]() |
"vir hul ontdekkings met betrekking tot die humorale oordraers in die senuweesterminale en die meganisme vir hulle stoor, vrylating en inaktivering" |
![]() |
Ulf von Euler | ![]() | ||
![]() |
Sir Bernard Katz | ![]() | ||
1971[69] | ![]() |
Earl W. Sutherland jr. | ![]() |
"vir sy ontdekkings rakende die meganismes van die werking van hormone" |
1972[70] | ![]() |
Gerald M. Edelman | "vir hul ontdekkings rakende die chemiese struktuur van teenliggaampies" | |
![]() |
Rodney R. Porter | ![]() | ||
1973[71] | ![]() |
Karl von Frisch | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende organisasie en uitlating van individuele en sosiale gedragspatrone" |
Konrad Lorenz | ![]() | |||
![]() |
Nikolaas Tinbergen | ![]() | ||
1974[72] | ![]() |
Albert Claude | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die strukturele en funksionele organisasie van die sel" |
![]() |
Christian de Duve | |||
![]() |
George E. Palade | ![]() | ||
1975[73] | ![]() |
David Baltimore | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die interaksie tussen gewasvirusse en die genetiese materiaal van die sel" |
![]() |
Renato Dulbecco | ![]() ![]() | ||
![]() |
Howard Martin Temin | ![]() | ||
1976[74] | ![]() |
Baruch S. Blumberg | "vir hul ontdekkings rakende nuwe meganismes vir die oorsprong en verspreiding van aansteeklike siektes" | |
![]() |
D. Carleton Gajdusek | |||
1977[75] | ![]() |
Roger Guillemin | "vir hul ontdekkings rakende die peptiedhormoonproduksie van die brein" | |
![]() |
Andrew V. Schally | ![]() ![]() ![]() | ||
![]() |
Rosalyn Yalow | ![]() |
"vir die ontwikkeling van radioimmunoassays van peptiedhormone" | |
1978[76] | ![]() |
Werner Arber | ![]() |
"vir die ontdekking van beperkende ensieme en die toepassing daarvan op molekulêre genetiese probleme" |
Daniel Nathans | ![]() | |||
![]() |
Hamilton O. Smith | |||
1979[77] | Allan M. Cormack | ![]() |
"vir die ontwikkeling van rekenaargesteunde tomografie" | |
![]() |
Sir Godfrey N. Hounsfield | ![]() |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1980[78] | ![]() |
Baruj Benacerraf | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende geneties bepaalde strukture op die seloppervlak wat immunologiese reaksies reguleer" |
![]() |
Jean Dausset | ![]() | ||
George D. Snell | ![]() | |||
1981[79] | ![]() |
Roger W. Sperry | "vir sy ontdekkings rakende die funksionele spesialisering van die serebrale hemisfere" | |
![]() |
David H. Hubel | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende inligtingverwerking in die visuele stelsel" | |
![]() |
Torsten N. Wiesel | ![]() | ||
1982[80] | ![]() |
Sune K. Bergström | "vir hul ontdekkings rakende prostaglandiene en verwante biologies-aktiewe stowwe" | |
![]() |
Bengt I. Samuelsson | |||
![]() |
Sir John R. Vane | ![]() | ||
1983[81] | ![]() |
Barbara McClintock | ![]() |
"vir haar ontdekking van mobiele genetiese elemente" |
1984[82] | ![]() |
Niels K. Jerne | ![]() |
"vir teorieë rakende die spesifisiteit in ontwikkeling en beheer van die immuunstelsel en die ontdekking van die beginsel vir die produksie van monoklonale teenliggame" |
![]() |
Georges J. F. Köhler | ![]() | ||
![]() |
César Milstein | ![]() ![]() | ||
1985[83] | ![]() |
Michael S. Brown | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die regulering van cholesterol-metabolisme" |
Joseph L. Goldstein | ||||
1986[84] | ![]() |
Stanley Cohen | "vir hul ontdekkings van groeifaktore" | |
![]() |
Rita Levi-Montalcini | ![]() | ||
1987[85] | ![]() |
Susumu Tonegawa | ![]() |
"vir sy ontdekking van die genetiese beginsel vir die generering van teenliggaamverskeidenheid" |
1988[86] | ![]() |
Sir James W. Black | ![]() |
"vir hul ontdekkings van belangrike beginsels vir dwelmbehandeling" |
![]() |
Gertrude B. Elion | ![]() | ||
![]() |
George H. Hitchings | |||
1989[87] | ![]() |
J. Michael Bishop | "vir hul ontdekking van die sellulêre oorsprong van retrovirale onkogene" | |
![]() |
Harold E. Varmus |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1990[88] | Joseph E. Murray | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende orgaan- en seloorplanting in die behandeling van menslike siektes" | |
![]() |
E. Donnall Thomas | |||
1991[89] | ![]() |
Erwin Neher | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die funksie van enkele ioonkanale in selle" |
![]() |
Bert Sakmann | |||
1992[90] | ![]() |
Edmond H. Fischer | ![]() ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende omkeerbare proteïen-fosforilering as 'n biologiese reguleringsmeganisme" |
Edwin G. Krebs | ![]() | |||
1993[91] | ![]() |
Sir Richard J. Roberts | ![]() |
"vir hul ontdekkings van gesplete gene" |
![]() |
Phillip A. Sharp | ![]() | ||
1994[92] | ![]() |
Alfred G. Gilman | "vir die ontdekking van G-proteïene en die rol van hierdie proteïene in seintransduksie in selle" | |
![]() |
Martin Rodbell | |||
1995[93] | ![]() |
Edward B. Lewis | "vir hul ontdekkings rakende die genetiese beheer van vroeë embrioniese ontwikkeling" | |
![]() |
Christiane Nüsslein-Volhard | ![]() | ||
![]() |
Eric F. Wieschaus | ![]() | ||
1996[94] | ![]() |
Peter C. Doherty | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die spesifisiteit van die sel-gemedieerde immuunverdediging" |
![]() |
Rolf M. Zinkernagel | ![]() | ||
1997[95] | Stanley B. Prusiner | ![]() |
"vir sy ontdekking van prione – 'n nuwe biologiese beginsel van infeksie" | |
1998[96] | ![]() |
Robert F. Furchgott | "vir hul ontdekkings rakende stikstofmonoksied as 'n seinmolekule in die kardiovaskulêre stelsel" | |
![]() |
Louis J. Ignarro | |||
![]() |
Ferid Murad | |||
1999[97] | Günter Blobel | ![]() ![]() |
"vir die ontdekking dat proteïene intrinsieke seine het wat hul vervoer en lokalisering in die sel beheer" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2000[98] | ![]() |
Arvid Carlsson | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende seintransduksie in die senuweestelsel" |
![]() |
Paul Greengard | ![]() | ||
![]() |
Eric R. Kandel | |||
2001[99] | Leland H. Hartwell | "vir hul ontdekkings van sleutelreguleerders van die selsiklus" | ||
![]() |
Sir Tim Hunt | ![]() | ||
![]() |
Sir Paul M. Nurse | |||
2002[100] | ![]() |
Sydney Brenner | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende genetiese regulering van orgaanontwikkeling en geprogrammeerde seldood" |
![]() |
H. Robert Horvitz | ![]() | ||
![]() |
Sir John E. Sulston | ![]() | ||
2003[101] | ![]() |
Paul Lauterbur | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende magnetieseresonansiebeelding" |
![]() |
Sir Peter Mansfield | ![]() | ||
2004[102] | ![]() |
Richard Axel | ![]() |
"vir hul ontdekkings van reukreseptore en die werking van die olfaktoriese stelsel" |
![]() |
Linda B. Buck | |||
2005[103] | ![]() |
Barry J. Marshall | ![]() |
"vir die ontdekking van die bakterie Helicobacter pylori en sy rol in gastritis en kroniese maagswere" |
![]() |
J. Robin Warren | |||
2006[104] | ![]() |
Andrew Z. Fire | ![]() |
"vir hul ontdekking van DNA-inmenging – geen-stilering deur dubbelstring-DNS" |
Craig C. Mello | ||||
2007[105] | Mario R. Capecchi | "vir hul ontdekkings van beginsels vir die bekendstelling van spesifieke geenveranderinge in muise deur die gebruik van embrio-stamselle" | ||
![]() |
Sir Martin J. Evans | ![]() | ||
![]() |
Oliver Smithies | ![]() | ||
2008[106] | ![]() |
Harald zur Hausen | ![]() |
"vir sy ontdekking van die menslike papillomavirus wat servikale kanker veroorsaak" |
![]() |
Françoise Barré-Sinoussi | ![]() |
"vir hul ontdekking van die menslike immuniteitgebreksvirus" | |
![]() |
Luc Montagnier | |||
2009[107] | Elizabeth H. Blackburn | ![]() ![]() |
"vir die ontdekking van hoe chromosome beskerm word deur telomere en die ensiem telomerase" | |
![]() |
Carol W. Greider | ![]() | ||
![]() |
Jack W. Szostak |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2010[108] | ![]() |
Sir Robert G. Edwards | ![]() |
"vir die ontwikkeling van in vitro-bevrugting" |
2011[109] | ![]() |
Bruce A. Beutler | ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende die aktivering van aangebore immuniteit" |
![]() |
Jules A. Hoffmann | ![]() | ||
![]() |
Ralph M. Steinman | ![]() |
"vir sy ontdekking van die dendritiese sel en sy rol in adaptiewe immuniteit" (postuum toegeken)[110][111] | |
2012[112] | Sir John B. Gurdon | ![]() |
"vir die ontdekking dat volwasse selle ten doeleinde van pluripotensie herprogrammeer kan word" | |
![]() |
Shinya Yamanaka | ![]() | ||
2013[113] | ![]() |
James E. Rothman | ![]() |
"vir hul ontdekkings van masjinerie wat vesikelverkeer reguleer, 'n belangrike vervoerstelsel in ons selle" |
![]() |
Randy W. Schekman | |||
![]() |
Thomas C. Südhof | ![]() ![]() | ||
2014[114] | ![]() |
John O'Keefe | ![]() ![]() |
"vir hul ontdekkings van selle wat 'n posisioneringstelsel in die brein vorm" |
![]() |
May-Britt Moser | ![]() | ||
![]() |
Edvard I. Moser | |||
2015[115] | ![]() |
William C. Campbell | ![]() ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen infeksies wat veroorsaak word deur rondewurm-parasiete" |
![]() |
Satoshi Ōmura | ![]() | ||
![]() |
Tu Youyou | ![]() |
"vir haar ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen malaria" | |
2016[116] | ![]() |
Yoshinori Ohsumi | ![]() |
"vir sy ontdekkings van meganismes vir outofagie" |
2017[117] | ![]() |
Jeffrey C. Hall | ![]() |
"vir hul ontdekkings van molekulêre meganismes wat die sirkadiese ritme beheer" |
![]() |
Michael Rosbash | |||
![]() |
Michael W. Young | |||
2018[118] | James P. Allison | "vir hul ontdekking van kankerterapie deur inhibisie van negatiewe immuunregulering" | ||
![]() |
Tasuku Honjo | ![]() | ||
2019[119] | ![]() |
Peter J. Ratcliffe | ![]() |
"vir hul ontdekkings van hoe selle suurstofvlakke in die bloed bespeur, en hulle daarvolgens aanpas" |
![]() |
William Kaelin jr. | ![]() | ||
![]() |
Gregg L. Semenza |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2020[120] | ![]() |
Michael Houghton | ![]() |
"vir die ontdekking van die hepatitis C-virus" |
![]() |
Harvey J. Alter | ![]() | ||
![]() |
Charles M. Rice | |||
2021[121] | ![]() |
David Julius | ![]() |
"vir die ontdekking van reseptore vir temperatuur en aanraking" |
![]() |
Ardem Patapoutian | ![]() ![]() | ||
2022[122] | ![]() |
Svante Pääbo | ![]() |
"vir sy ontdekkings aangaande die genome van uitgestorwe hominiene en menslike evolusie" |
2023[5] | ![]() |
Katalin Karikó | ![]() ![]() |
"vir hul ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van effektiewe bRNS-entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het" |
![]() |
Drew Weissman | ![]() |
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde. |