Perfect Liberty (PL) Kyodan of die Kerk van Perfekte Vryheid is 'n internasionale religie wat vroeg in die 20ste eeu uit Japan se Boeddhistiese Zen-kultuur ontwikkel het. PL Kyodan is in 1946 deur Miki Tokuchika as 'n soort hernuwingsbeweging vir sy vader se religieuse beweging Hito-no-michi gestig. Die beweging beweer dat hy wêreldwyd sowat 2,5 miljoen lede het. PL Kyodan se hoofkwartier is in Habikino naby Osaka.

PL Kyodan het geen verbintenis met Japan se ander groot religieuse tradisies nie en beskou vreugdevolle selfuitdrukking as die belangrikste doel van 'n menslike lewe. Volgens sy leerstellings is lewe 'n "kuns". Mense is dus gebore om hul eie unieke individualiteit in alles wat hulle doen uit te druk. PL Kyodan noem dit die "skepping van ware kuns".


Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]