Pajamas kan verwys na verskeie verwante kleretipes van oorsprong op die Indiese subkontinent. In die Westerse wêreld, is pajamas lospassende slaapklere deur beide geslagte gedra.[1] Deesdae word mense ook in die dag in hul pajamas gesien, terwyl hulle in die huis ronddwaal.

Tradisionele tipes

[wysig | wysig bron]

Tradisionele pajamas bestaan uit 'n baadjie-en-broek kombinasie gemaak van sagte materiaal, soos katoen of liggewig katoen.[2] Baie mense verkies om net in die pajamabroek te slaap of rond te lê, óf met 'n T-hemp. Om hierdie rede word pajamabroeke vir mans en seuns dikwels apart verkoop.

Konstruksie

[wysig | wysig bron]

Pajamas is gewoonlik lospassend en ontwerp vir gemak, gemaak van sagte materiale soos katoen, sy of satyn. Sintetiese materiale soos poliëster en Lycra is ook beskikbaar.

Pajamas bevat dikwels visuele effekte of slagspreuke wat 'n spesiale mening van die draer uitstraal. Beelde van sport, diere, ballonne, polka dots, blomme, strepe en ander motiewe kan almal gebruik word vir versiering. 

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Brazilian composer Heitor Villa-Lobos playing native Brazilian folk instrument from his collection, while wearing jacket over his pyjamas & smoking cigarette; at home."[dooie skakel] Life magazine, 1945 (Photographer: Unknown; Location: Rio De Janeiro)
  2. "Girl sitting on bed and wearing striped flannel pajamas and Disney Donald Duck slippers."[dooie skakel] Life magazine, Desember 1949, (Photographer: Nina Leen).
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.