In fisika en chemie verwys 'n plasma na 'n geïoniseerde gas. Dit word as 'n afsonderlike toestand van materie as 'n gas beskou. Ionisasie verwys na die teenwoordigheid van vrye elektrone wat nie aan 'n atoom of molekuul gebind is nie. Die vrye elektriese ladings maak 'n plasma elektries geleidend en daarom reageer dit sterk in die teenwoordigheid van elektromagnetiese velde. Plasmas word tipies gevorm deur 'n gas sodanig te verhit dat die elektrone van die atome gestroop word. Daar word gereken dat meer as 99% van die sigbare materie in die hemelruim in 'n plasma-toestand bestaan. Die begrip plasma is deur die fisikus, Irving Langmuir in 1928 vir die eerste keer gebruik. Die vakgebied wat hom daarop toespits om plasmas as 'n gelaaide gas se interaksie met elektriese velde te bestudeer staan bekend as magnetohidrodinamika.

Vorme van Plasma

[wysig | wysig bron]

Plasma is by verre die mees algemene toestand van materie in die heelal. Al die sterre bestaan uit plasma. Die vermaarde fisikus, Hannes Alfvén, het ook opgemerk dat baie klein deeltjies as gevolg van hulle elektriese ladings ook soos ione optree en daarom ook as plasma beskou behoort te word (sien stofplasmas).

Algemene vorme van plasma sluit in:
Kunsmatig gevormde plasmas
  • Soos gevind word in plasmaskerms, insluitende Televisies
  • Binne fluoresserende buise (lae energie beligting), neonligte
  • Vuurpyl uitlaat
  • Die gebied voor 'n ruimtetuig se hitteskild tydens herintrede na die aarde se atmosfeer
  • Fusie-energie navorsing
  • Die elektriese boog in 'n booglamp, tydens boogsweiswerk of 'n plasmabrander
  • 'n Plasmabal
  • Plasma wat gebruik word om dielektriese lae in geïntegreerde stroombane in te ets.
Plasmas op Aarde
Plasmas in die ruimte

Plasma eienskappe

[wysig | wysig bron]

'n Plasma is 'n mengsel van neutrale en gelaaide deeltjies. In spesiale gevalle kom slegs gelaaide deeltjies soos ione, elektrone en gelaaide molekules daarin voor. Plasmas kan deur die volgende eienskappe uitgeken word: