Pous Benedictus XIII
Geboortenaam Pietro Francesco Orsini
Pontifikaat begin 29 Mei 1724
Pontifikaat eindig 21 Februarie 1730
Voorganger Innocentius XIII
Opvolger Clemens XII
Gebore 2 Februarie 1649
Gravina, Koninkryk Napels
Sterf 21 Februarie 1730
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Benedictus

Benedictus XIII was die 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 5 jaar, 8 maande en 24 dae, van 1724 tot 1730. Vir 'n ander Pous Benedictus XIII, (Pedro de Luna, die laaste pous in Avignon) sien Teenpous Benedictus XIII.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Benedictus XIII[1] is gebore as Pietro Francesco Orsini op 2 Februarie 1649 in Gravina, Koninkryk Napels. Hy was die seun van Fernando III Orsini, hertog van Gravina en Giovanna Frangipani della Tolfa. Hy was die laaste lid van die Orsini-familie wat pous geword het. Sy Orsini voorlopers was Pous Celestinus III en Pous Nicolaas III. Toe hy tot die orde van die Dominikane toegetree het, het hy die kloosternaam Vincenzo Maria Orsini op 13 Februarie 1668 aangeneem. Hy word priester gewy op 24 Februarie 1671 deur kardinaal Emilio Altieri (later Pous Clemens X). Vincenzo word kardinaal-priester van San Sisto op 22 Februarie 1672 en was later biskop van Manfredonia, biskop van Cesena en aartsbiskop van Benevento. Op 29 Mei 1724 volg hy Pous Innocentius XIII op en word gekroon op 4 Junie 1724 deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op 21 Februarie 1730 en word opgevolg deur Pous Clemens XII. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.

Kerklike loopbaan

[wysig | wysig bron]

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Aanvanklik het Pous Benedictus XIII[2] homself Benedictus XIV genoem, maar nadat die vorige Benedictus XIII as teenpous geklassifiseer is, het hy die volgnommer XIII gebruik. Hy het probeer om die dekadente lewenstyl van die Italiaanse priesters en kardinale te versober. Hy het die lotery van Rome verbied. Volgens kardinaal Lambertini (later Pous Benedictus XIV) het die pous nie geweet hoe om te regeer nie en het regering oorgelaat aan kardinaal Niccolo Coscia. Niccolo was die pous se sekretaris toe Benedictus aartsbiskop van Benevento was. Kardinaal Coscia het die pouslike skatkis geruïneer en moes uit Rome vlug na die pous se dood.

In sy buitelandse politiek het die pous te doen gekry met koning Johan V van Portugal en die Janseniste. Hy het Pous Urbanus VIII se verbod op die rook van tabak teruggetrek. Benedictus het self minstens 139 biskoppe gewy veral in Duitsland, Frankryk, Engeland en die nuwe wêreld. Die biskoppe het op hulle beurt weer nuwe biskoppe in hulle onderskeie lande gewy, met die gevolg dat 90% van die huidige biskoppe hulle episkopale lyn kan deurtrek na Pous Benedictus XIII.

In 1712 het hy die bekende Spaanse trappe in Rome ingehuldig. Pous Benedictus is ook die stigter van die Universiteit van Camerino.

Die kollege van kardinale

[wysig | wysig bron]

Pous Benedictus XIII het 29 nuwe kardinale aangestel in 12 konsistories.

Die konsistorie van 11 September 1724

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 20 November 1724

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 20 Desember 1724

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 11 Junie 1725

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 11 September 1726

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 9 Desember 1726

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 26 November 1727

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 30 April 1728

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 20 September 1728

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 23 Maart 1729

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 6 Julie 1729

[wysig | wysig bron]

Die konsistorie van 8 Februarie 1730

[wysig | wysig bron]

Saligverklarings

[wysig | wysig bron]

Heiligverklarings

[wysig | wysig bron]

Verering

[wysig | wysig bron]

Op 21 Februarie 1931 word Pous Benedictus XIII deur Pous Pius XI tot "Dienaar van God" verklaar.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Benedict XIII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Healy, P. (1907). Pope Benedict XIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Februarie 7, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/02431a.htm

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Benedict XIII

Nota

[wysig | wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Innocentius XIII
Pous (Pontifex Maximus)
1724 – 1730
Opgevolg deur
Clemens XII

Basis URL: en:Pope Benedict XIII