Radiografie is die neem van X-straalfotos om die interne vorm van 'n voorwerp te bekyk. Die persoon wat dit doen is 'n radiografis terwyl 'n radioloog 'n geneesheer is wat die x-straalfoto's analiseer.
Radiografie se oorsprong kan opgespoor word tot 8 November 1895, toe die Duitse fisika-professor Wilhelm Conrad Röntgen die X-straal ontdek het en opgemerk dat dit nie deur been of metaal kan deurgaan nie.[1] Hy het die eerste Nobelprys vir fisika ontvang.[2]