Die Russiese Federasie is sedert 18 Maart 2014 opgedeel in 85 federale deelgebiede, waarvan 22 republieke is (ook outonome republieke genoem). Die republieke verteenwoordig gebiede van nie-Russiese etnisiteit. Vanweë dekades (in sommige gevalle eeue) van migrasie binne Rusland, is so ’n etniese groep nie noodwendig meer die meerderheid in ’n spesifieke republiek nie.
Republieke verskil van ander deelgebiede deurdat hulle hulle eie amptelike taal mag kies en hulle eie grondwet het. Ander deelgebiede soos krais en oblaste het nie dié reg nie. Die politieke hoof van die meeste republieke het die titel president. Die republieke het redelike outonomiteit, maar onder die voormalige Russiese president Wladimir Poetin het dit algaande afgeneem omdat hy verkies het dat die mag by die federale regering lê.
Daar is in die meeste republieke ’n begeerte om af te stig, maar dit is gewoonlik nie baie sterk nie. Bewegings wat afstigting voorstaan, geniet egter taamlike steun in Tartarstan, Basjkirië, Jakoetië en Tsjetsjnië sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie en dit het selfs in Tsjetsjnië gelei tot oorlog met Rusland. Afstigting word egter bemoeilik deur die mate waarin etniese groepe vermeng het. So woon die meeste Tartare vandag buite Tartarstan.
8. Kalmikië |
15. Noord-Ossetië-Alanië |
Op 18 Maart 2014 het die Krim en Sewastopol ná ’n referendum by Rusland aangesluit[1] en het die Krim Rusland se 22ste republiek geword.[1] ’n Groot deel van die internasionale gemeenskap en die regering van Oekraïne erken nie die Krim as deel van Rusland nie, maar beskou dit steeds as deel van Oekraïne.[2]
Republieke (21) | |
---|---|
Krais (9) | |
Oblaste (46) |
|
Outonome oblast (1) | |
Outonome okroegs (4) | |
Federale stede (2) | |
Onerken1 (6) | |
|