Risiko is die kans dat 'n gebeurtenis sal plaasvind vermenigvuldig met die gevolg van daardie gebeurtenis en die kans dat 'n bepaalde scenario waar die vroeër genoemde kans sal plaasvind in voorkom (dit staan in teenstelling met die begrip onsekerheid waar die kanse nie bekend is nie). Die gevolge kan positief of negatief wees. Meestal word die begrip egter in die negatiewe sin gebruik. Die risiko is ook die blootstelling vermenigvuldig met die gevolg en die waarskynlikheid. By die laaste gaan dit vernaamlik oor langdurige prosesse en by die eerste definisie gaan dit meer oor skielike gebeurtenisse.

Risiko = Kans x Gevolg x Blootstelling

Beheer van risiko

Verskeie maatreëls kan geneem word om risiko's te beheer. Hierdie maatreëls kan een of almal van die elemente van bostaande vergelyking aanspreek. As voorbeeld kan 'n mens die moontlike maatreëls beskou wat geneem kan word dat iemand 'n fles soutsuur kan omgooi:

Beperking van die kans

Beperking van die gevolge

Indien 'n ongeval wel sou voorkom kan die gevolg van die gebeurtenis verminder word deur storte in die omgewing te installeer sodat die soutsuur vinnig afgespoel kan word sodat die skade beperk kan word.

Beperking van blootstelling

Die handeling wat lei tot die gebruik van soutsuur kan beperk word. Eksperimente met soutsuur kan gegroepeer word sodat die aksie slegs één keer in 'n groter reeks gedoen word.

Risikoanalise

'n Risikoanalise kan uitgevoer word om te bepaal hoe groot die risiko is, welke risiko's verminder kan word en welke risiko's die mees dringendste aandag vereis.

Sien ook

Eksterne skakels