SN 1181 | ||||
3C 58, ’n pulsarwindnewel, is die waarskynlike oorblyfsel van SN 1181. | ||||
Sterrestelsel | Melkweg | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 2h 5m 38s[1] | |||
Deklinasie | +64° 49.7′[1] | |||
Gal. koördinate | G.130.719+03.084[1] | |||
Afstand (ligjaar) | 26 000 | |||
Ontdek | 1181 | |||
Top-magnitude | -1? | |||
Eienskappe | ||||
Voorloperster | Onbekend | |||
Voorlopertipe | Onbekend | |||
Notas | ||||
Was 185 dae lank snags sigbaar. | ||||
|
SN 1181 was 'n supernova (ontploffende ster) wat in die jaar 1181 gesien is. Dit is in die Kassiopeia-konstellasie waargeneem.
SN 1181 is tussen 4 en 6 Augustus 1181 vir die eerste keer deur Sjinese en Japanse sterrekundiges waargeneem en in agt afsonderlike tekste gedokumenteer. Dit kon met die blote oog gesien word en was vir ongeveer 185 dae in die nagruim sigbaar.
Die pulsar J0205+6449 (ook bekend as 3C 58), wat sowat 15 keer per sekonde om sy as roteer, is moontlik ’n oorblyfsel van die ontploffing. As die supernova en pulsar aan mekaar verwant is, roteer die ster nog net so vinnig as toe dit die eerste keer gevorm is.[2] Daarteen het die krap-pulsar, wat in die jaar 1054 deur die supernova SN 1054 gevorm is, twee derdes van sy rotasie-energie oor ongeveer dieselfde tydperk verloor.[3] Onlangse radio-opnames van 3C 58 dui egter daarop dat hierdie pulsar veel ouer is en dus nie aan SN 1181 verwant kan wees nie.[4]