Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Titaan-44 | |||||||||||||||
Protone | 22 | |||||||||||||||
Neutrone | 22 | |||||||||||||||
Kernspin | 0+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -37548 keV [1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | radioaktief (uitgestorwe)[1] | |||||||||||||||
Halfleeftyd | 60 j[1] | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Titaan-44 (chemiese notasie 4422Ti) is 'n radioaktiewe isotoop van titaan. Dit is 'n uitgestorwe oerisotoop en 'n alfakern
Hierde isotoop met sy halfleeftyd van 60 jaar -of liewer sy gammastraling- is in die supernova-wolk van Cassiopeia A aangetref, wat effens langer as drie eeue gelede ontplof het. Sy vervalproduk kalsium-44 word in presolêre korrels aangetref. Titaan-44 kan uit elf alfadeeltjies opgebou word en is daardeur relatief stabiel hoewel dit te min neutrone besit. Dit word nes silikon-28, swawel-32, argon-36 en kalsium-40 as een van die "alfa-kerne" beskou. Dit word waarskynlik in drie situasies gevorm: [1]
Maar die korrels waarin dit aangetref word, moet binne 'n paar honderd jaar gevorm word. Hulle bevat dikwels amper suiwer kalsium-44. Die verval van titaan-44 stel eers gammafotone van 68 keV en 78 keV vry as dit tot skandium-44 verval en daarna skielik 'n foton van 1,16 MeV as dit na kalsium-44 verval.[1]
Hierdie nuklied kan in 'n siklotron vervaardig en as 'n spoorder gebruik word omdat dit 'n taamlik lang halfleeftyd besit en maklik gemeet kan word.[2]