Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 9 Julie 2005/11
Ontwerp ’n Blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel ster en drie bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan op die wapperkant.

Die vlag van Suid-Soedan vertoon ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vyfpuntige geel ster wat na die vlagpaal wys; aan die wapperkant is drie ewe wye bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan.

Die vlag is aanvaar na die ondertekening van Naivasja-ooreenkoms wat die einde van die tweede Soedannese burgeroorlog bevestig het.[1] Die vlag is aanvanklik gebruik deur die Soedannese Volksbevrydingsbeweging (SPLM).

Simboliek

Die vlag in Karima, Soedan

Saam met die vlag van Suid-Afrika is die vlag van Suid-Soedan een van net twee vlae wêreldwyd wat ses verskillende kleure in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit).[2] Die kleure stel die volgende voor: swart stel die Soedannese bevolking voor, rooi stel die gevloeide bloed in die stryd om vryheid voor, groen stel die land voor en die ster verteenwoordig die Ster van Bethlehem.[3]

Kleure

Volgens die Suid-Soedanese regering verteenwoordig die kleure van die vlag:[2][4][5]

Ontwerp

Die vlag is soortgelyk aan die vlag van Kenia[2] met die toevoeging van die blou driehoek en geel ster aan die vlagpaalkant en die weglating van die motief op die vlag van Kenia.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

  1. (en) Tuisblad van die Regering van Suid-Soedan
  2. 2,0 2,1 2,2 "South Soedan" (in Engels). Central Intelligence Agency. 22 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 15 Mei 2019.
  3. (en) Soedan – partye en politieke groepe by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019.
  4. "South Sudan". www.crwflags.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 15 Mei 2019.
  5. "South Sudan: Flags and Symbols and National Anthem" (in Engels). World Atlas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 15 Mei 2019.
  6. 6,0 6,1 "flag of South Sudan" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Mei 2019.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.