Vrystaat Cheetahs
Bynaam(e) Cheethas
Embleem Jagluiperd
Stigting 27 Maart 1895
Unie Vrystaatse Rugbyunie
Ligging Bloemfontein
Streek Sentraal- en Suid-Vrystaat
Stadion Toyota-stadion
President Harold Verster
HUB Harold Verster
Afrigter(s) Franco Smith
Kaptein(s) Francois Uys
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
Spankleure



Statistiek
Meeste wedstryde 245 Helgard Müller
Meeste punte 1402 Eric Herbert
Meeste drieë 136 Chris Badenhorst
Eerste wedstryd
Onbekend
Grootste oorwinning
Oos-Vrystaat 3 – 132 Vrystaat Cheetahs
31 Mei 1977[1]
Grootste nederlaag
Onbekend
Vir inligting oor die Superrugbyspan, gaan na Cheetahs (Superrugbyspan).

Die Vrystaat Cheetahs, voorheen die Oranje-Vrystaat is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat aan die Curriebeker en die Rugby-uitdaagreeks deelneem. Die unie speel sy tuiswedstryde op die Vrystaatstadion in Bloemfontein.

Algemeen

Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 tien keer onder die top 4 in die Curriebekerreeks geëindig en in die 1998 seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. Op 14 Oktober 2006 is die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit was slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig het, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.

In die 2007-seisoen het die Vrystaat Cheetahs hul goeie vorm voortgesit, en wen 13 van hul 14 wedstryde voor die eindronde. Na hulle die Blou Bulle in die halfeindronde in Pretoria geklop het, verower hulle die Curriebeker vir 'n derde agtereenvolgende keer deur die Goue Leeus in die eindstryd van agter in te haal met 20-18.

In die 2016-seisoen was die Toyota Cheetahs onoorwonne in die Curriebekerreeks, en hul klop die Blou Bulle in die eindstryd met 36-16.

Geskiedenis

Die Vrystaat Rugbyunie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in meer as ’n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die top-5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.

Vrystaatrugby word gevoed deur sy kragtige juniorrugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studenterugby, waarvan die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat eervol vermeld word.

Die 2012-Curriebekerseisoen was ’n laagtepunt vir die span van Bloemfontein. Hulle het een van hul swakste seisoene beleef waarin hulle slegs drie wedstryde kon wen. ’n Ligpunt was dat die voorste driedrukker vir die seisoen die Vrystaatse vleuel Raymond Rhule was. Die Cheetahs het laaste op die punteleer geëindig en moes teen die OP Kings uitspeel om hul plek in die premierafdeling van die kompetisie te behou. Die Cheetahs was egter te sterk en het altwee uitspeelwedstryde gewen om die OP uit die premierafdeling te hou. Op 4 Augustus 2012 het die Vrystaat Cheetahs teen die Cardiff Blues in ’n feeswedstryd op die rugbyveld van Grey-kollege gespeel ter herdenking van Sir George Grey, die stigter van Grey-kollege, se 200ste geboortedag.[2] Die Vrystaat het met 31 – 32 verloor. In 2013 het die span van die Vrystaat vir die 19de keer sedert 1954 in ’n halfeindronde van die Curriebekerkompetisie gespeel.[3]

Vername persone

Verskeie legendariese individue het gedurende die Unie se bestaan die SA rugbytoneel versier.

Springbokspelers

Die Vrystaatspelers wat as Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[4]

Spelers vir ander lande

Vrystaatspelers wat vir ander internasionale spanne uitgedraf het in alfabetiese volgorde:[5]

Skeidsregters

Afrigters

Kapteins

'n Onvolledige lys van sommige vorige Vrystaatkapteins.[7][8]

Die 2019 Curriebekerspan

Voorspelers

 

Voorspelers

Agterspelers

 

Agterspelers

Rekords

Alle rekords gemeld geld vir die Vrystaatse Rugbyunie:[9]

Verwysings

  1. "Toyota Cheetahs Bulletin 14 Mei 2013" (html). Besoek op 14 Mei 2013.[dooie skakel]
  2. "Toyota Vrystaat Cheetahs en Cardiff Blues in geskiedkundige wedstryd" (html) (in Engels). Vrystaatse Rugbyunie. 20 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 22 Julie 2012.
  3. "Toyota Cheetah Bulletin 15 Oktober 2013". fscheetahs.com. 15 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 30 Oktober 2013. Besoek op 16 Oktober 2013.
  4. http://www.genslin.us/bokke/ProvinceData.aspx?ProvinceID=7 Besoek op 21 November 2009
  5. "Cheetahs Bulletin 39" (html). www.fscheetahs.co.za. 13 November 2012. Besoek op 13 November 2012.[dooie skakel]
  6. "Toyota Cheetah Bulletin 30 September 2013" (html). www.fscheetahs.co.za. 30 September 2013. Besoek op 1 Oktober 2013.[dooie skakel]
  7. "Toyota Cheetah Bulletin 6 Augustus 2013". www.fscheetahs.co.za. 6 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 22 September 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.
  8. van Rensburg, F.J. (2021) Cheetahland:  125 jaar van lief en leed.  1895-2020. Edited by Vrystaat Cheetahs. Senekal, Vrystaat: Oranje Print & Packaging.
  9. Van Rensburg, Frikkie (19 Junie 2012). "Cheetah Bulletin 17" (html) (in Engels). www.fscheetahs.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 19 Junie 2012.

Eksterne skakels