Walter Scott
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Walter Scott deur Henry Raeburn

Geboorte 14 Augustus 1771
Sterfte 21 September 1832
Land Skotland
Genre Poësie, Historiese roman
Bekende werke Ivanhoe (1820)
Huweliksmaat Charlotte Mary Carpenter

Sir Walter Scott (Edinburgh, 14 Augustus 1771 - Abbotsford House, Abbotsford, 21 September 1832) was 'n Skotse digter en skrywer wat veral bekend is om sy historiese romans, waaronder Ivanhoe.

Werke

Scott se eerste letterkundige aktiwiteite was vertalings uit die Duits, onder andere werke soos Götz von Berlichingen deur Goethe (1799). Sy eerste sukses was met poësie, soos sy driedelige The Minstrelsy of the Scottish Border (1802-1803) - 'n versameling historiese ballades - en die uitgerekte gedigte The Lay of the Last Minstrel (1805), Marmion (1808), The lady of the lake (1810), Rokeby (1813) en The lord of the isles (1815), wat almal oor gebeurtenisse uit die Skotse geskiedenis handel.

Met die verskyning van The Lady of the Lake (1809), 'n geromantiseerde verhaal oor die ontmoeting van koning Jakobus V en die dogter van sy vyand, Ellen Douglas, het sy roem as romanskrywer en verteller van verhale begin.

'n Uitgerekte reeks historiese romans het gevolg. Dit kan in twee kategorieë verdeel word: eerstens, romans oor die Skotse geskiedenis, wat Scott Tales of my Landlord genoem het; hieronder val The Heart of Midlothian (1818, die verhaal van die valse beskuldiging van Effie Deans van kindermoord; teen die agtergrond van die Porteous-oproer van 1736), en The Bride of Lammermoor (1819, die tragiese liefdesverhaal van Lucy Ashton en die vyand van haar familie, Edgar Ravenswood). Tweedens is daar die groot aantal romans wat ontleen is aan die Engelse- en kontinentale geskiedenis, soos die Waverley-romans, waarvan Ivanhoe (1820), Kenilworth (1821, oor Amy Robsart) en Quentin Durward (1823) die bekendste is.

In 1826 word Scott oorval deur groot finansiële skuld. Dit was die gevolg van die bankrotskap van die Ballantyne-uitgewers waarvoor hy mede-aanspreeklik was. Om die probleem die hoof te bied versnel hy sy letterkundige produksie, wat weer die kwaliteit van sy latere romans belemmer het. Dit word beweer dat hierdie harde werk aan die einde van sy lewe sy oorlye bespoedig het. Na sy dood delg sy erfgename egter sy skuld volledig deur die verkoop van sy outeursregte.

Bibliografie

Sir Walter Scott deur Robert Scott Moncrieff.

Romans

Die Waverley Novels is die titel van die uitgerekte reeks romans deur Scott wat vanaf 1814 tot 1832 gepubliseer is. Die naam van die reeks is afkomstig van die eerste roman, Waverley. Die volgende is 'n chronologiese lys van die hele reeks:

Ander romans:

Poësie

Baie van die kort gedigte of liedere wat deur Scott gepubliseer is (of later gebundel is) was oorspronklik nie aparte stukke nie maar deel van langer gedigte wat deur sy romans, verhale en dramas versprei was.

Kortverhale

Toneelstukke

Nie-fiksie