Werkwoorde word in die grammatika onderken as 'n klas van woorde wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf. Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom maklik om uit te ken. Tipiese werkwoorde is: eet, loop, praat, spring en ry. As voorbeeld, gegewe die sin: "Ek opdateer wikipedia.", is "opdateer" die werkwoord.
'n Selfstandige werkwoord kan alleen (of selfstandig) in 'n sin staan. Voorbeelde:
Hulpwerkwoorde help die selfstandige werkwoord. Voorbeelde:
Dié werkwoorde behoort tot die bedrywende vorm. Die onderwerp ("die vrou", "die man") is besig om iets te doen
Talle werkwoorde (die oorganklike werkwoorde) het ook 'n lydende vorm wat met ander hulpwerkwoorde gevorm word:
Merk op dat die onderwerp ("die koei") nie besig is om iets te doen nie. Dis "die man" wat melk. In bedrywende vorm kan ons sê:
Hier is "die koei" die lydende voorwerp.
Koppelwerkwoorde word gebruik waar daar koppeling van die werkwoord nodig is. Voorbeelde:
Dit is gewoonlik waar die werkwoord na te of om te gebruik word. Voorbeelde:
Soms het die infinitief sy eie vorm:
In die toekomende tyde word die infinitief ook sonder (om) te gebruik:
Die verlede tyd word gevorm met 'n voltooide deelwoord
Die voltooide deelwoord van nie-saamgestelde werkwoorde kry ge-
Werkwoorde wat eindig met -eer kan met of sonder ge- gebruik word
Daar is twee tipes saamgestelde werkwoorde: skeidbaar en onskeidbaar
Die skeidbare werkwoord kry -ge-:
Die klemtoon is altyd op die eerste skeidbare deel: óppas.
Die onskeidbare werkwoorde kry geen ge- nie:
Die klemtoon is altyd op die tweede deel: omárm.