Xhosa isiXhosa | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [isikǁʰɔ́ːsa] | |
Gepraat in: | Lesotho Suid-Afrika | |
Gebied: | Oos-Kaap, Wes-Kaap | |
Totale sprekers: | 8,2 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 11 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Rang: | 90 | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Xhosa | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | xh | |
ISO 639-2: | xho | |
ISO 639-3: | xho | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Xhosa (isiXhosa, [isikǁʰɔ́ːsa], taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die tweede meeste moerdertaalsprekers in Suid-Afrika ná Zoeloe. Omtrent 11 miljoen mense gebruik Xhosa as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die taal is ook nou verwant aan Zoeloe en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal gesien word. Xhosa is een van die amptelike tale van Zimbabwe.
in Xhosa) is dieDie taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos die Engelsman Henry Hare Dugmore, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Xhosa skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit ook moeilik om geskrewe geskiedenis te vind.
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Xhosa |
---|---|
Welkom | Ulwamkelo (naamwoord) / Amkela (werkwoord) |
Dankie | Enkosi |
Baie dankie | Enkosi kakuhle |
Goeiedag / Hallo | Molo (enkelvoud) / Molweni (meervoud) |
Totsiens | Sala kakuhle (bly wel) / Hamba kakuhle (gaan wel) |
Rook verbode | Akutshaywa |
Geen ingang | Akungenwa |
Pasop vir die trap | Lumkela isinyuko |
Pasop! | Lumka! |
Skink; drink (vloeistof) | Galela; sela |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Min'emnandi yokuzalwa |
Seisoengroete | Imibuliso Yelixesha Lonyaka |
Geseënde Kersfees | Krisimesi emnandi |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Krisimesi emnandi nonyaka omtsha onamathamsanqa |
Hoe gaan dit? | Unjani? |
Net soos by ander Bantoetale speel in Xhosa se grammatika die voorvoegsels wat die selfstandige naamwoord se klas aangee of daarna verwys 'n baie belangrike rol. In Xhosa is daar nog 13 klasse wat onderskei kan word. In proto-Bantoe was dit 25 gewees en in Xhosagrammatika word gewoonlik die nummering van proto-Bantoe behou. Xhosa het die klasse 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11,14 en 15. Klasse 12, 13 en 16-25 kom nie meer voor nie.
Daar is drie naamvalle wat onderskei kan word, die nominatief, die vokatief en die lokatief. Daar bestaan 'n vierde vorm, die predikatiefvorm wat nie regtig 'n naamval genoem kan word nie.
Alle selfstandige naamwoorde het in die nominatief 'n voorvoegsel wat gewoonlik uit twee dele opgebou is, hoewel soms die tweede deel weggelaat word. Byvoorbeeld:
Die voorklinker word weggelaat, indien die woord as a vokatief gebruik word of indien die sin 'n negatiewe betekenis het. Dit kan beteken dat die tweede deel weer terugkeer:
In die lokatiefnaamval verander die voorklinker
Sommige lokatiewe kry ook 'n agtervoegsel -ini wat palatalisasie kan veroorsaak
Die lokatief dui meestal 'n plek aan, maar daar is ander betekenisse:
Die predikatiefvorm kry nóg 'n voorvoegsel. Dit is ng- vir klasse 1 en l- vir klasse 5. Dit word gebruik waar Afrikaans die koppelwerkwoord "wees" gebruik:
Dit word egter ook in passiewe sinne gebruik, waar Afrikaans die agens met "deur" aangee:
Die voorvoegsel gee aan tot watter klasse die selfstandige naamwoord behoort. Vir umntu is dit klasse 1, vir ihashe klasse 5. Ander woorde in die sin wat na dié woord verwys kry 'n ooreenkomende voorvoegsel om na hierdie klasse aan te dui. Byvoorbeeld vir 'n werkwoord soos -hamba wat loop beteken:
Hierdie twee klasses bevat veral mense, persone of organisasie. Klasse 2 is gewoonlik die meervoud van klasse 1
Daar is twee subklasses. Die een het 'n volledige voorvoegsel, die ander 'n gereduseerde.
Die volledige voorvoegsels is um- (klasse 1) en aba- (klasse 2)
Vir persoonsname word die gereduseerde voorvoegsels u- en oo- gebruik
Die voorvoegsel vir die werkwoord is u- en aba-
Dit is veral bome, riviere en ander goeters wat in die natuur gevind word. Klasse 4 is gewoonlik die meervoud van klasse 3
Die voorvoegsels is um- (3) en imi- (4)
Die voorvoegsel is i(li)- Die volledige voorvoegsel word net vir stamme met een lettergreep gebruik. Langer woord kry i-, maar die -li- element keer terug in die vokatief en die negatief.
Sommige woorde in hierdie klas gee goeters weer dat in pare voorkom soos 'n oog.
Die meervoude is gewoonlik in klas 6
Die werkwoord kry li-
Hierdie klas kan meervoude van klas 5 wees, maar dit kan ook woorde met 'n kollektiewe betekenis wees, soos volke of stowwe.
Die voorvoegsel is ama-
Die werkwoord kry a-
Die voorvoegsel is isi- en izi-. Die werkwoord kry si- en zi-.
Hierdie klasse bevat alle tale; ook gewoontes en kulturele gebruike.
Ook leenwoorde wat met s- begin kan in hierdie klas kom:
Dit is 'n groot klasse wat die meeste leenwoorde bevat. Xhosa kan maklik 'n vreemde woord in die hele voorvoegselstelsel inlyf. Sit 'n i- daarvoor en dit is 'n nuwe Xhosawoord!
Die voorvoegsel kan i- of in- wees (9). Voor die meervoude is dit voluit izin- of izi-, maar dit word dikwels gereduseer tot iin- of ii-
Die werkwoord ky i- en zi-
Die voorvoegsel is u(lu)- en die werkwoord kry lu-
Indien daar 'n meervoud is, is dit in klas 10
Die voorvoegsel is ubu- en die werkwoord kry bu-
Daar is gewoonlik geen meervoud en die vertaling in Afrikaans is dikwels 'n woord met 'n agtervoegsel soos -heid of -skap.
Die voorvoegsel is uku- en die werkwoord kry ku-
Hierdie klas bevat die infinitiewe van die werkwoord wat ook as selfstandige naamwoord gebruik kan word
Eintlik is die idee dat 'n selfstandige naamwoord in 'n enkel- en 'n meervoud (dat wil sê net in twee klasses) sal/kan/moet voorkom 'n vooroordeel vanuit die Indo-Europese tale. In der waarheid kan 'n Xhosawoord in verskeie klasse voorkom. Byvoorbeeld die woorde umntu, abantu, isintu, uluntu, ubuntu is eintlik vyf vorme van dieselfde woord -ntu, wat in klasse 1, 2, 7, 11 en 13 kan voorkom. Dit geld ook vir umXhosa (1), amaXhosa (6), isiXhosa(7) en ubuXhosa(14).
Die gebiedende wys is eenvoudig die stam van die werkwoord. In die meervoud word -ni tegevoeg.
Die infinitief van die werkwoord is 'n selfstandige naamwoord van klas 15 en begin met die voorvoegsel uku- of indien die stam met 'n klinker begin: ukw- of uk-.
Daar is party agtervoegsels wat die betekenis van die werkwoord subtiel kan verander. Byvoorbeeld, werkwoorde het eie vorme vir die passief op -wa
Die agtervoegsel -la betrek die werkwoord op 'n voorwerp, soos "be-" of "na" in Afrikaans
Daar is dikwels ook 'n kausatiefvorm op -isa:
Soms is daar 'n resiproke vorm op -na
Die negatief kry gewoonlik 'n dubbel ontkenning:
Persoon /klasse | Enkelvoud | Meervoud | ||
---|---|---|---|---|
Onderwerp | Voorwerp | Onderwerp | Voorwerp | |
1ste persoon | ndi- | -ndi- | si- | -si |
2de persoon | u- | -ku- | ni- | -ni- |
3e p./klasse 1+2 | u- | -m- | ba- | -ba- |
3e p./klasse 3+4 | u- | -wu- | yi- | -yi- |
3e p./klasse 5+6 | li- | -li- | a- | -wa- |
3e p./klasse 7+8 | si- | -si- | zi- | -zi- |
3e p./klasse 9+10 | i- | -yi- | zi- | -zi- |
3e p./klasse 11 | lu- | -lu- | - | - |
3e p./klasse 14 | bu- | -bu- | - | - |
3e p./klasse 15 | ku- | -ku- | - | - |
Die onderwerpe en voorwerpe het hulle eie voorvoegsels wat afhang van persoon en klasse, sien tabel.
Die teenwoordige tyd (continuous tense) het -ya- tussen die onderwerp se voorvoegsel en die stam:
Met 'n lydende voorwerp word dit:
Die negatief het 'n dubbele ontkenning:
Wikimedia Commons bevat media in verband met Xhosa. |
Sien Xhosa in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Amptelik |
| ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| |||||||||||||
Ander |
|